Etnisiteit nou ook prioriteit vir operasies in Nieu-Seeland

(Argieffoto: Pixabay)

Te Whatu Ora Health New Zealand het vroeër vanjaar ʼn nuwe beleid ingestel waarvolgens medici in Auckland, Nieu-Seeland, ook ʼn pasiënt se etnisiteit in ag moet neem wanneer besluit word wie eerste ʼn operasie moet ondergaan.

NZ Herald berig die Equity Adjustor Score is in Februarie vanjaar ingestel – en sal volgens sommige gesondheidskenners “ongelykhede op waglyste verbeter”.

Die nuwe metode poog om ongelykheid in die stelsel te verminder deur ʼn algoritme te gebruik om pasiënte volgens kliniese dringendheid, tydperk op die waglys deurgebring, geografiese ligging (geïsoleerde gebiede), etnisiteit, en vlak van ontneming te prioritiseer.

Volgens die NZ Herald is die Maori- en Stille Oseaan-pasiënte boaan die lys wat die etnisiteitkategorie betref, terwyl Europese Nieu-Seelanders en ander etnisiteite, soos Indiërs en Chinese, heelwat laer op die ranglys is.

Nieu-Seelandse gesondheidsamptenare sê egter dat etnisiteit net een van die vyf faktore is wat oorweeg word om te besluit wanneer iemand ʼn operasie ondergaan, en dat die beleid sal help om die swak gesondheidsuitkomste onder sekere bevolkingsgroepe te pak.

Verskeie chirurge, wat op voorwaarde van anonimiteit met die NZ Herald gepraat het, sê die nuwe beleid walg hulle.

Hulle sê die beleid is medies “onverdedigbaar” en voer aan pasiënte moet behandel word op grond van hoe siek hulle is, hoe dringend behandeling nodig is en hoe lank hulle al daarvoor wag – en nie op grond van etnisiteit nie.

“Dit is eties uitdagend om enigiemand op grond van ras te behandel. Dit is hul mediese toestand wat die dringendheid van die behandeling moet bepaal.”

Volgens Stuff is die stelsel vir alle chirurgiese dienste in Auckland ingestel, insluitend by die Starship-kinderhospitaal, en by hospitale in die noordelike dele van die land.

Mataroria Lyndon, lektor vir mediese onderwys aan die Universiteit van Auckland, sê Maorilewensverwagting is tot sewe jaar minder in vergelyking met die lewensverwagting van nie-Maori-inwoners, en swakker toegang tot spesialiteitsgesondheidsdienste dra hiertoe by.

“Die prioritiseringsbenadering is daarop gemik om hierdie gesondheidsongelykhede reg te stel, maar ook ander faktore soos geografiese ligging wat toegang tot spesialiteitsgesondheidsdienste moeiliker gemaak het.

“Ek dink die Nieu-Seelandse publiek moet die rasionaal verstaan ​​wat verlore kan gaan, dit gaan oor regverdigheid… Dit is nie tans ʼn gelyke speelveld in die gesondheidsektor nie.”

Dr. Morgan Edwards, president van die Nieu-Seelandse Vereniging van Narkotiseurs, sê baie Maori-pasiënte ervaar gesondheidsongelykhede voordat hulle die chirurgiese waglys bereik.

“Op ʼn basiese fundamentele vlak, wanneer ʼn Maori-pasiënt op die chirurgiese waglys kom, is hulle reeds ver agter hul nie-Maori-eweknieë. Dit is ’n klein stap om daardie ongelykheid reg te stel.

“Dit is ʼn poging om groter gelykheid te probeer bereik, nie om voordele uit te deel nie.”

  • Bronne: NZ Herald, Stuff

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Frank ·

Jy was seker nog nooit daar nie. Alles werk, alles skoon en in plekke soos supermarkte is werkers amper deurgans blank

Nici ·

Alles is ook baie duur en salarisse swak ivm Australie. NZ is ook nou in ‘n resessie. Spaar julself en gaan eerder Aus toe. NZ is ‘n rassistiese mors van tyd.

Amelia ·

Nici woon jy daar kos is bv goedkoper daar as hier in veergelyking met salarisse skoner minder misdaad beter toekoms Hier is jy bv op waglys vir operasie (knie) vir 10 jaar

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou gaan die beleid seker ook toegepas word in rasmal SA.

Harry ·

Hope this article gets removed before someone in the ANC sees it and starts getting ideas!

Delia ·

Hulle gaan die SA pad volg. Daar word ook gepraat van Rotorua, nie altyd meer NZ. Die LBTGQ beweging word ook sterk gedryf deur die regering en die nuwe PM.

Andrè ·

En hulle is voor in die koor oor apartheid, wonder of hulle ook in die sportwereld uitgesluit gaan word,ie die meelbom toer

Nici ·

Hul gaan net rassespanning veroorsaak. Party mense is minder gesond omdat hul te veel drink of dwelms gebruik en soms is dit in sekere etniese groepe ‘n probleem. Ek skat deesdae moet ons ander blameer vir ons eie mislukkings.

Marius ·

Nie veel anders as in Australië. As jy slegs 1/8ste Aboriginal DNS het is daar baie subsidies en talle voordele tot jou beskikking. Jy word ook verkies vir werksgeleenthede en daar is ook ñ nuwe referendum waardeur meer sê aan Aboriginals gegee word as slegs die demokratiese persentasie: “Aboriginal and Torres Strait Islanders would gain a constitutionally-enshrined right to be consulted by the government on laws”

annie ·

Heel agter op die lys maar dadelik voor in die koor. Die nuwe Suid-Afrika het oorgewaai soontoe. Hoekom nie heeltemal regverdig wees nie en voer die etniese regstelling tot topvlak tot by die eerste minister.

Yolandie ·

Wat het gewonder van 1st come 1st serve, en die prioriteit van hoe siek die pasient is en hoe nodig die operasie is. Nee jitte nou weet ek nie meer nie. Die wereld is besig om mal te raak en die politikuste is besig om met elke dag burgers se lewens te speel en dit alles vir WOKE agendas. NIemand stel belang nie, verstaan die mense nie dit nie!!!!!!!

trotsNAMSA ·

:) Tyd dat NZ en Australië hul etniese groepe erken ! As ‘n SA’ner nou daar wil gaan bly waar alles netjies in lyne en rye staan, gaan jy as SA’ners as ‘n derde wêreld burger hanteer word. Alles blink bo maar stink onder ! Sekere wêreld moonthede steek hul “stink” goed weg. Wie wil op ‘n eiland gaan bly wat besig is om te verdwyn, Australië dieselfde net ander aan China en Korea. Ek is hier geplaas en hier bly ek, my voorsate draai in hul grafte om nadat hul, hul paadjies hier moes kom uitkap. Afrikaners en SA bo !!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou kinders en kleinkinders moet doen wat werk vir hulle. Geen verpligtinge teenoor hul voorsate.

Boontjie ·

Ons sal nooit ontslae kan raak van rassisme nie, tensy on God se hulp vinnig kry. Hierdie is mal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.