Facebook, WhatsApp, Instagram val om

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Facebook en sy filiale WhatsApp en Instagram was Maandag nie beskikbaar vir gebruikers nie.

Gebruikers het vanaf omstreeks 17:20 boodskappe op die webwerf Downdetector.com gedeel dat hulle sukkel om by dié drie sosialemedianetwerke in te skakel.

Die portaal wys dat daar duisende voorvalle aangemeld is waar mense probleme ondervind het.

Facebook se boodskapperdiens, Messenger, word ook deur die probleem geraak.

Downdetector gaan onderbrekings op webwerwe na deur statusverslae in te samel van ʼn rits bronne insluitend gebruikers wat self probleme kan aanmeld.

“Ons is bewus daarvan dat sommige mense probleme ondervind met ons apps en produkte. Ons werk hard daaraan om dinge so vinnig as moontlik te herstel. Ons vra om verskoning vir enige ongerief,” het Facebook op Twitter gesê.

Twitter-gebruikers het geskerts met gebruikers van Facebook, Instagram en WhatsApp wat dadelik dié platform besoek het om seker te maak dat ander gebruikers ook sukkel:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Colin ·

Tot jy in ‘n nood situasie kom. Al die landelike veiligheidsgroepe gebruik Whatsapp om vinnig te kommunikeer. Ons kannie meer daarsonder nie.

Wielspore ·

Met FB af praat ons weer met mekaar en met whatsup wat ook af is bel ons nou weer mekaar.
Lekker gesels…. met mekaar!

DieKriek ·

Ja, weet jy, Wielspore, almal het nie perfekte gehoor om te kan bel nie. Ander mense se hele besigheid is weer afhanklik van Facebook en Whatsapp. Ons gebruik nie FB en WA om te sê wat ons eet en waar ons gaan nie. Speak for yourself.

Colin ·

En as daar nood is kan jy net 1 persoon op ‘n slag bel? Met Whatsapp weet die hele omgewing van brande, veediefstal, aanvalle, ens, ens! Ons leef nie meer in 1900 nie. Komms is’ n noodsaaklikheid

Belinda ·

dis een ding as dit whatsapp is en een ding as dit FB of instagram is.

Windhond ·

Ja het gister vir eerste keer in jare met my dogter gepraat

Belinda ·

Dis eintlik scary as mens dink hoe sosiale media in mens se familie tyd indring. Wie het darm bietjie toe met hul familie gekuier inplaas van om op die foontjie te wees.
Dit moet meer gebeur.

VaalDonkie ·

My familie is tussen 500km en 1600km van my af. Sommige van my beste vriende woon in ander lande. Ek sien hulle net op Facebook.

Maggies ·

Maak dit bietjie moeilik as jou kinders en kleinkinders oorsee woon.

Ettienne ·

En Mnr Zuckerman se verduidelikng en verskoning gaan aanvaar word …? Mmmm, hoogswaarskynlik nog ‘n Joodse wolhaarstorie…

Ockert ·

Die peiling hieronder met betrekking tot Solidariteit se stappe by VN: Die regering vee sy alie af aan die res van die wêreld, behalwe die kommunistiese lande. Ek weet nie hoekom Solidariteit nog geld mors met die tipe ding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.