Finland word 31ste Navo-land

Die nasionale vlae van lidlande buite Navo se hoofkantoor in Brussel (3 April 2023) (Foto: Kenzo Tribouillard/AFP)

Finland se vlag sal Dinsdag buite Navo se hoofkantoor gehys word wanneer dié land die jongste lid word van die Westerse alliansie, het sekretaris-generaal Jens Stoltenberg gesê.

“Ons verwelkom Finland môre as die 31ste lid,” het Stoltenberg aan verslaggewers op die vooraand van ʼn geskiedkundige vergadering van Navo- buitelandse ministers in Brussel gesê.

Russiese president Wladimir Poetin se besetting van Oekraïne verlede jaar het Europese veiligheid in gedrang gebring en het Finland, en sy buurland Swede, genoop om dekades se nieverbintenis te laat vaar en Navo se beskermende sambreel te soek.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) is ‘n militêre bondgenootskap wat tot stand gekom het met die ondertekening van die Noord-Atlantiese Verdrag op 4 April 1949. Die organisasie het ‘n stelsel van gemeenskaplike verdediging daargestel waar die lidlande instem om mekaar te verdedig in geval van ‘n aanval deur ‘n eksterne party. Hierdie verdrag het ‘n militêre bondgenootskap gesluit wat later die Westerse Europese Unie sou word.

Besware van Turkye en Hongarye het Helsinki se aansoek maande lank laat sloer en Stockholm word steeds geblok. Die parlement in Ankara het verlede week met ʼn stemmery die laaste hindernis uit Finland se weg geruim.

Die afhandeling binne ʼn jaar beteken egter dit is die vinnigste lidmaatskapproses in die alliansie se onlangse geskiedenis. Al wat nou oorbly, is die laaste hoogs gechoreografeerde formaliteite by Navo se hoofkantoor in Brussel.

Finland se minister van buitelandse sake sal die formele dokumente aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, oorhandig. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake is die houer van Navo se stigtersooreenkoms en die land se blou-en-wit vlag sal dan langs sy nuwe bondgenote gehys word. Finland se president Sauli Niinisto sal ook ʼn toespraak lewer.

“Pres. Poetin het oorlog gemaak teen Oekraïne met die doel om minder van Navo te kry,” het Stoltenberg bygevoeg. “Hy kry nou presies die teenoorgestelde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Belarus se derde span sal Finland opdons.

Jakkie ·

Gaan doen gerus jou huiswerk oor Finne en Russe se laaste oorlog bekend as “ Winter War” , Belarus het nie eens n Eerste Span nie wat nog te sê n Derde Span. Jy ontken seker ook die Belarus Brigade wat in Ukraine teen Rusland veg…….

Republikein in die Wes Kaap ·

Belarus kry nou taktiese kernbomme. Dus is hul vyfdes binnekort goed genoeg. Moderne Finse mans kan nie meer nie.

Dooierus ·

Beste nuus vir Finland. Teenoorgestelde uitkoms wat Putin verwag het.

Treurwilger ·

Die leedvermaak van Stoltenberg in die laaste paragraaf spreek boekdele oor die gesindheid van NAVO.
‘n Onnodige Organisasie (hoofsaaklik skoothondjies van die VSA) wie se blote bestaan ‘n indirekte bedreiging/uittarting van nie-lede is.

Manie ·

Korrek, NAVO is niks anders as die VSA se eerste linie van verdediging nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai eerste linie beteken nie veel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Frau Ursula gaan moontlik vir Stoltenberg opvolg.

Theresa ·

Navo het Finland net om een rede toegelaat….dis om Poetin by te kom, Stoltenberg…jy moet besef Pres Poetin weet dit absoluut!

andre ·

Finland moet doen Loop en Val Biden se hanteerders Finland beveel ,al is dit tot nadeel van die bevolking

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.