Fliek oor aborsie wen topprys op Italiaanse fliekfees

Audrey Diwan met die Golden Lion-toekenning wat sy gewen het vir ‘Happening’. (Foto: Filippo Monteforte/AFP)

ʼn Fliek oor onwettige aborsies in Frankryk in die 1960’s het die topprys by die Venesiese rolprentfees ingeoes.

Happening (L’Événement) deur Audrey Diwan handel oor ʼn vrou wat ʼn aborsie wil kry om haar studie voort te sit.

“Ek het hierdie fliek met woede, begeerte, my kop en my hart aangepak,” het Diwan gesê toe sy die Golden Lion-toekenning ontvang het.

Dit kom ses weke ná omstrede nuwe wetgewing wat aborsies in Texas, VSA, verbied.

Die 78ste jaarlikse rolprentfees in Italië het Saterdagaand geëindig, met internasionale bekendes wat na die Venesiese rooi tapyt gelok is.

Happening is geskoei op ʼn outobiografiese roman deur Annie Ernaux en vertel die verhaal van ʼn jong vrou wat ʼn aborsie wil kry om haar studie voort te sit, ten spyte van die risiko om tronkstraf te kry of die dood.

Die toekenning is gekies deur ʼn jurie gelei deur Parasite-regisseur Bong Joon-Ho.

Die tweede prys, die Silver Lion, is aan die Italiaanse regisseur Paolo Sorrentino toegeken vir The hand of God, ʼn fliek oor sy jeug in die suidelike stad van Napels.

Ander vroulike rolprentmakers is ook tydens Saterdag se seremonie vereer, met Nieu-Seeland se Jane Campion wat vereer is met die toekenning vir beste regisseur vir The Power of the Dog, met Benedict Cumberbatch in die hoofrol.

Maggie Gyllenhaal is vereer met die toekenning vir beste draaiboek vir The Lost Daughter, met Olivia Colman in die hoofrol.

Penelope Cruz het die toekenning vir beste aktrise gewen vir haar rol in Parallel Mothers, wat geregisseer is deur Pedro Almodovar. Die Filippynse akteur John Arcilla is as beste akteur vereer vir sy rol in On the job: The missing 8.

Verlede jaar se topprys is toegeken aan Nomadland, ʼn Amerikaanse fliek oor ʼn weduwee wat as ʼn nomade leef ná die geldelike krisis van 2008.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VaalDonkie ·

Sy naam is The Silent Scream en dis nie vir sissies nie

Esme ·

Asseblief! Was dit die enigste inskrywing of is die wereld siek genoeg om nou aborsies te aanvaar?

Madelein ·

Kry die feite reg. Texas se nuwe wet is die Heartbeat Bill m.a.w. sodra daar ‘n hartklop is, is aborsie uit. So om en by 6-8 weke.

Drikus ·

And the moral of the story is : Moenie dat moraliteit tussen my en my sondige begeertes staan nie. Klink na ‘n goeie vliek .. vir die asblik.

bernelle ·

Ongelukkig omdat verkragtig hopeloos te volop in die wereld bestaan, moet aborsies beskikbaar wees vir slagoffers.

Hardekwas ·

Terselfdertyd sal dit dan ook beskikbaar wees vir dié wat nié verkrag is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.