Foto’s: Namibië jubel oor reën

Welkome reën in Namibië. (Foto: Weltevrede Guest Farm/ Facebook)

Inwoners van Namibië het die naweek gejubel oor lankverwagte reën wat droogtegeteisterde dele van dié land vandeesweek gelawe het. Paaie was plek-plek onbegaanbaar en droë rivierlope was vir die eerste keer in jare weer in vloed.

Volgens die Namibiese nuusdiens Informanté het swaar reën veral in die noordelike dele van die land uitgesak, met die Kunene- en Ohangwena-streek wat die meeste reën aangeteken het. Laasgenoemde het Vrydag tussen 37 mm en 19 mm reën aangeteken. Die Kunene-gebied het egter verreweg die meeste reën ontvang, met tot 100 mm reën wat op plekke hier aangeteken is.

Die Otjozondjupa-streek het ook reën ontvang.

Dankbare inwoners het foto’s en video’s op Facebook geplaas.

“Die blitse slaan gelyk oor Maltahöhe en die Rooidagmôre-hek in die Boesmanland. Dit reën wyer as MTC se netwerkdekking en net daar, daar wys die Godsgenade Hy is groter as die mens! (…) Daar is klaers ook. Daar is plekke wat nog wil hê en buitendien is baie nooit genoeg nie. Karre spoel in riviere weg wat onder blou lug volblad loop dat die stof aan die voorpunt uitslaan. Dis ʼn vreemde land voorwaar!” het die Namibiër Gert Jacobie op Facebook geskryf.

Kyk ‘n video van die Spitzkopperivier in volle vloed hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.