Foto’s en video: Seldsame slang met twee koppe gevind

Foto: John Kleopfer (Facebook)

ʼn Natuurlewe- en wildbewaringsnavorsingshospitaal het gesê ʼn slang wat onlangs in die noordelike dele van Virginia in die VSA gevind is, sal waarskynlik na ʼn opleidingsfasiliteit gestuur word.

Die Wildlife Center of Virginia het gesê die Eastern Copperhead is verlede week gevind. Die staatsherpetoloog het die slang verlede week Donderdag na die hospitaal gebring vir ʼn ondersoek.

Die hospitaal het in ʼn verklaring gesê die twee koppe het twee lugweë en twee slukderms maar deel een hart en ʼn stel longe. Dit wil voorkom of die linkerkantse kop meer dominant is – dit is oor die algemeen meer aktief en reageer op sensasies.

Aldus die Charlotte Observer glo bioloë albei koppe kan byt en gif versprei.

John D Kleopfer, staatsherpetoloog, het in ʼn plasing op Facebook gesê slange met twee koppe is uiters seldsaam “omdat hulle bloot net nie so lank oorleef nie”. Hy wil graag die slang aan ʼn dieretuin skenk.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ella ·

Ja dis sy “tweeling” dier daai, nes hy en sy twee gesigte.

Ellisras ·

Dit is glad nie waar dat ‘n 2 kop slang seldsaam is nie. Gladnie. Hulle kom in groot konsentrasie voor in die Suid-Afrikaanse Parlement. Ongelukkig is daar nie slang vangers wat hul kan vang nie.

Nettie ·

Hoewel dit ‘n debatteerbare saak is, kan ek raai dat die linkerkantse kop die een wees wat met Eva sal praat (dit is meer dominant en dus die “doener”) en die regterkantste een met Adam sal praat …….

Gesiggie ·

Ek en my man het eendag by Pelgrimsrus in die blyde rivier ‘n slang gesien met twee koppe. So ja ongelukkig het ek nie ‘n foon by my gehad om ‘n foto te neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.