Geen kriminele klagte vir kletsrymer ná Astroworld-tragedie

Travis Scott. (Foto: Facebook)

ʼn Jurie van Houston, Texas, het Donderdag beslis dat die Amerikaanse kletsrymer, Travis Scott, geen kriminele aanklagte in die gesig staar ná die dood van 10 mense by die Astroworld-musiekfees in 2021 nie.

Sowat 50 000 mense het in November daardie jaar by die NRG-park saamgedrom vir die musiekfees toe die skare tydens sy optrede vorentoe, na die verhoog toe begin beur het. Dit het chaos veroorsaak en luidens talle berigte het owerhede en sekuriteitswagte slegs toegekyk terwyl dinge in die gehoor handuit geruk het.

Gekonfronteer met hulpkrete, het organiseerders tientalle minute gewag voordat hulle die musiek gestop en die area ontruim het.

Maroela Media het vroeër berig 25 mense is gehospitaliseer en aanvanklik is agt mense reeds op 5 November ná die stormloop by die konsert as dood verklaar.

Hannah Longoria bring hulde aan die tien slagoffers van die Astroworld-tragedie in Houston, Texas. (Foto: Thomas Shea/AFP)

Sommige konsertgangers het flou geword en ander is deur die skare vertrap. Onder diegene wat in die verwoesting van daardie dag dood is, was ʼn negejarige, en nog honderde konsertgangers is beseer.

“Dit is tragies dat tien onskuldige mense vermoor is terwyl hulle ʼn aand van musiek en vermaak probeer geniet het,” het Kim Ogg, prokureur van die Harris-distrik, gesê.

” ʼn Tragedie is egter nie altyd ʼn misdaad nie, en nie elke dood is ʼn moord nie.

“Geen kriminele klagte sal in die voorval aanhangig gemaak word nie,” lui ʼn verklaring deur Ogg se kantoor.

Scott se optrede was deel van ʼn musiekfees oor die hele naweek in November sou plaasvind. (Foto: Alex Bierens de Haan/Getty Images via AFP)

Verskeie regsgedinge is teen die Astroworld-feesorganiseerders aanhangig gemaak, wat volgens beskuldigers versuim het om die veiligheid van konsertgangers te verseker.

Benewens Scott is daar eise teen promotors, konsertterreinbestuurders en verskeie maatskappye verbonde aan die fees ingedien.

Donderdag se uitspraak handel slegs oor strafregtelike verrigtinge, wat beteken dat siviele regsgedinge steeds kan voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Mens sou dink die toeskouers sien hom as ‘n tipe ‘god’. Hulle ken sekerlik nie die werklike GOD nie!

Johan Tredoux ·

Die werklike god het die mens “geskape” na sy eie beeld. Die mens alleen deel dna met al die plant en dier en selfs gogga buite hul eie genus. Geen ander wesen deel dna buite hul eie genus nie. Die werklike god is alomteenwoordig, alsiende en het altyd natuurkragte en siekte gebruik vir straf. Ek weet jy weet…

KatjieDeKat ·

Ek dink dis n oordrewe afleiding, baie mense is maar net “niks gewoond” en kan hulle nie gedra nie.

Johan Tredoux ·

Met daardie hoeveelheid konsertgangers, verseker ek julle jy kan nie genoeg sekuriteid hê om orde te handhaaf wanneer hul mal word nie. Nooit nie, ooit nie, never, ever en vergeet dit.

Faraway ·

JvR . . . wees versigtig met boelie-gedrag
Elkeen het die reg om sy/haar mening te plaas SONDER boelie-gedrag

JvR ·

Nou waar het ek boelie gedrag gewys. My menings word gereeld deur christene afgemaak en afgelag. Hier ook. Ek dog elkeen het die reg tot n mening

Marina ·

Ongelukkig het hierdie “rappers” die geneigdheid om die vieslikste skares te trek. Dat niemand geskiet is nie, is n wonderwerk! Gaan kyk maar hoe hierdie mense hul eie mense afmaai om elke hoek en draai (Chicago se Juneteenth celebrations, 22 mense in een groep geskiet). Wat n negejarige kind by so n vertoning gesoek het, gaan my verstand te bowe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.