Gekontamineerde pap eis glo 15 lede van familie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesaam 15 lede van ʼn familie in Namibië is dood nadat hulle glo gekontamineerde pap geëet het.

Die tragiese voorval word bestempel as een van die land se ergste gevalle van vermoedelike voedselvergiftiging, het die Namibiese polisie Woensdag gesê.

Luidens inligting het die familielede van ʼn nedersetting in die noordoostelike streek van Kavango-Oos oor die naweek pap geëet wat gemaak is van graanreste wat oorgebly het ná die brou van ʼn alkoholiese drankie.

Die slagoffers – almal deel van ʼn familie van 21 – het Saterdag ná ete siek geword en is hospitaal toe geneem.

Teen Woensdag het 15 gesterf, het Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, aan AFP gesê.

“Dit is tot dusver die grootste aantal sterftes wat vermoedelik weens die inname van moontlike giftige materiaal is,” het Shikwambi bygevoeg.

ʼn Ondersoek na die sterftes is van stapel gestuur.

Daar word egter in hierdie stadium nog gewag op die uitslae van die lykskouings en laboratoriumtoetse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.