Gevaarlike betogings in Nederland ‘onaanvaarbaar’

Boere versper Donderdag die snelweg naby Azelo in Nederland. (Foto: Vincent Jannink / ANP / AFP)

Die Nederlandse premier, Mark Rutte, het boere Donderdag versoek om hul “lewensgevaarlike betogings” teen die regering se omgewingsplanne te beëindig nadat verskeie paaie opnuut deur brande en mis versper is.

Woedende boere het hul betogings ná etlike weke hervat en geëis dat die regering se planne om stikstofvrystellings te verminder, laat vaar word.

Verskeie sleutelpaaie in die sentrale en oostelike Nederland is Woensdag en Donderdag versper nadat boere mis en vullis op paaie gestort en vure langs die pad aangesteek het.

“Die betogings gister en vanoggend deur ’n klein groepie boere op snelweë is onaanvaarbaar. Om ander opsetlik in gevaar te stel, ons infrastruktuur te beskadig en mense te dreig wat help skoonmaak, oorskry perke,” het Rutte op Twitter gesê.

“Hierdie lewensgevaarlike optrede moet end kry. Daar is baie ander maniere om jou ontevredenheid binne die raamwerk van die wet uit te druk.”

Boere versper Donderdag die snelweg naby Azelo in Nederland. (Foto: Vincent Jannink / ANP / AFP)

Boere betoog al langer as ’n maand teen hul regering se planne om stikstofvrystelling te verminder deur onder meer 5 000 plase uit te koop. Boere het vroeër gesê hulle “sal die hele Nederland sluit” uit ontevredenheid oor die saak.

Nederland, die wêreld se naasgrootste landbou-uitvoerder, is een van die grootste kweekhuisgasvrystellers in Europa – veral van stikstof – waarvan baie van plase afkomstig is.

Nederlandse boere sê hulle word onregverdig geteiken in teenstelling met groot sakeondernemings en nywerhede. Baie het reeds aangedui dat hulle die regering se planne om plase uit te koop of af te skaal, sal teenstaan.

Betogende boere het ’n mate van openbare steun gekry, met mense wat Nederlandse vlae in verskeie gebiede onderstebo van straatlampe en padbrûe laat hang.

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het dié boere verlede week boonop geprys omdat hulle “moedig die klimaattirannie van die Nederlandse regering teenstaan”.

Die Franse verregse leier Marine Le Pen het hulle ook gesteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Coolbanana ·

Rutte is Klaus Schwab se pion….. deel van die One World Order

Johann101 ·

Mense… kyk en verwag dat ons regering met soortgelyke dinge gaan kom…

Anel ·

Hulle moet hier kom leer hoe om te betoog. Dan wil ek hoor wat sê hulle premier dan van wat is gevaarlik vir ander. Hulle betogings lyk soos ‘n Sondagskoolpieniek hier!!

N ·

Lewensgevaarlik nogal. Wat noem mens dan die betogings hier by ons?

Conraad ·

So Rutte seg dat, wat die boere doen, is lewens-gevaarlik.
Die waarheid is dat, wat Rutte aan die boere doen, lewens-gevaarlik is.
Waar hierdie ‘groenes’ die wereld heen vat, sal lei tot ‘n groot-skaalse herhaling van die Holodomor holocaust.

Marshall ·

Rutte is Klaus Schwab’s “favourite prime minister”. Schwab recently introduced him as such. The WEF and its proselytes (which includes Mr Patrice Motsepe a WEF board member) must be opposed with all means possible. Their aim is to install a World Communist Tyrany. Orwell’s 1984 on steroids. “You will own nothing but be happy”.
Dr Yuval Noah Harari gave a speach at the WEF concerning the “Ability to Hack Humans” about a year ago. I suggest your readers listen to this address.

Hasie ·

Lewensgevaarlik? …what a joke ..dit is op “normale “vlak vir SA .Hul het Geen idee wat is lewensgevaarlik nie…

annie ·

Die plase uitkoop het meer te make met ander planne soos atoomkragstasies, windplase, vir dagga en stede vir die regering se liefling-immigrante, ens. Die Nederlandse regering/adel doen nog altyd alles net vir sy eie bas se gerief en voordeel. Dit het ook destyds gou saam met Hitler gewerk om die adel nie in ongemak te laat nie.

Gaitsigubib ·

Ek vermoed jy wou se dat ons boere moet leer by hulle, ek meen nou hoe om saam te staan teen n regering wat hul voortbestaan bedreig.

Chris ·

Maar dit is dan aanvaarbaar indien Nederland die tweede grootste voedsel uitvoerder se boere inperk om voedsel te produsseer in ‘n tyd waar daar sprake is van “Globale Voedsel Tekorte”. Snaaks dat hierdie Rutte onbeperkte magte geniet om volksmoord te beplan, en dan beskuldigings teen hierdie WEF volksmoord planne uiter!! As daar nog enige integriteit is in ons media sal hul hierdie nonsens oopvlek.

john ·

Hulle wil plase uitkoop om behuising vir emigrante te bou hoe siek is dit. Nee boere protesteer 10 x harder teen Klous Swabb se minions.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.