Gyselaarsdrama speel hom af in Nederland

Polisie en nooddienste buite ‘n kafee in Nederland waar verskeie mense gyselaar gehou word. (Foto: AFP)

Verskeie mense is Saterdagoggend in ʼn kafee in Nederland as gyselaars gehou.

ʼn Swaar polisieteenwoordigheid het buite die gebou in Ede, sentraal-Nederland, geheers en inwoners is gemaan om die gebied te vermy. Bomspesialiste van die polisie is ontbied en die gebied ontruim, nadat ʼn man glo gedreig het om homself op te blaas.

Die polisie het later, in ʼn verklaring op X, gesê daar is geen aanduiding dat die voorval terrorisme-verwant is nie. “Ons sien daar is baie vrae oor die motief. In dié stadium is daar geen aanduiding dat die motief verband hou met terrorisme nie,” lui die verklaring.

Ede is ʼn klein dorp en ongeveer 75 km van die hoofstad, Amsterdam, geleë.

Die voorval is ongeveer 05:42 Nederlandse tyd aangemeld en luidens plaaslike media is 150 huise rondom die kafee ontruim, nadat dit bekend geword het dat die man ʼn ploftoestel by hom het.

Teen 12:30 Suid-Afrikaanse tyd is die gyselaars nog nie bevry nie.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.