Haarlok van Lincoln verkoop vir meer as R1,3 miljoen 

(Foto: Nikki Brickett/RR Auction via AP)

ʼn Haarlok van Abraham Lincoln en ʼn telegram oor sy sluipmoord in 1865 is vir meer as $81 000 (meer as R1,3 miljoen) verkoop.

Geen inligting is oor die koper bekend gemaak nie. Die haarlok van sowat 5 cm is verwyder tydens die nadoodse ondersoek op Lincoln nadat hy in die Ford-teater in Washington deur John Wilkes Booth doodgeskiet is.

Die haarlok is hierna aan dr. Lyman Beecher Todd, ʼn posmeester van Kentucky en ʼn neef van Lincoln se weduwee Mary Todd Lincoln, gegee. Dr. Todd was teenwoordig toe die nadoodse ondersoek op Lincoln, die 16de president van Amerika, gedoen is.

Die haarlok is aan ʼn amptelike telegram van die oorlogsdepartement vasgesit wat aan dr. Todd gestuur is deur George Kinnear, sy assistent in Lexington, Kentucky. Die telegram is op 14 April 1865 in Washington ontvang.

Dr. Todd se seun, James Todd, het in 1945 in ʼn brief geskryf dat die haarlok nog heeltyd in die familie se besit was. Dit is in 1999 die eerste keer op ʼn veiling verkoop.

Die telegram is belangrik omdat dit ’n teorie weerlê dat die destydse oorlogsekretaris Edwin Stanton beplan het om Lincoln te vermoor weens hul persoonlike en politieke verskille.

Daar is gesê dat Stanton opdrag gegee het dat militêre kommunikasie onderbreek word sodat Booth kon ontsnap. Die tydstempel op die versending toon dat militêre telegraaflyne gefunksioneer het die aand toe Lincoln vermoor is.

(Foto: Nikki Brickett/RR Auction via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag nee genade nou het ek alles gehoor en gelees! Sies dit laat my dink aan mense wat hulle op hou met hosh tokelosh gemors. Ek gril my dood

Wat op dees Aarde ·

Persheks dit is glad nie die geval nie. Dit was ‘n groot ding om van die oorledenes se hare af te sny en te bewaar gedurende die Viktoriaanse era. Gaan lees bietjie op. Dit is inderdaad baie interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.