Hof keer Biden om inentings verpligtend te maak

Pres. Joe Biden (Foto: Filippo MONTEFORTE/AFP)

Die federale hof het ʼn stokkie gesteek voor pres. Joe Biden se planne om die Covid-19-entstof verpligtend vir federale kontrakteurs te maak.

Biden het op 9 September ’n uitvoerende bevel uitgereik wat vereis dat federale kontrakteurs en subkontrakteurs aan sekere werkplekveiligheidsriglyne – wat deur ‘n federale taakspan ontwikkel is – moet voldoen.

Dié taakspan het riglyne uitgereik dat nuwe, hernude of verlengde kontrakte ’n klousule insluit wat vereis dat werknemers teen 18 Januarie 2022 ten volle teen Covid-19 ingeënt moet wees. Dit het beteken dat diegene wat ’n twee-dosis-entstof ontvang, hul tweede dosis teen 4 Januarie moet kry.

Volgens die mandaat word beperkte uitsonderings toegelaat, soos mediese  of godsdiensredes.

Regter Stan Baker van die Amerikaanse distrikshof in Augusta, Georgia, het Dinsdag ʼn bevel uitgereik dat die afdwinging van dié verpligte entstofmandaat verbied moet word.

CBS News berig die bevel het gekom in reaksie op ’n regsgeding van verskeie kontrakteurs en sewe state, waaronder Alabama, Georgia, Idaho, Kansas, Suid-Carolina, Utah en Wes-Virginia.

Die bevel geld egter reg oor die VSA omdat van die partye in die regsgeding –  soos die  handelsgroep Associated Builders and Contractors Inc. –  se lede landwyd sake doen.

“Die hof erken die tragiese gevolge wat die Covid-19-pandemie dwarsoor die land en die wêreld meegebring het,” het Baker geskryf. “Selfs in tye van krisis moet hierdie hof egter die oppergesag van die reg bewaar en verseker dat alle regeringsfere binne die grense van hul grondwetlik magte optree.”

’n Woordvoerder van die Withuis het gesê die departement van justisie sal voortgaan om die verpligte entstofmandaat te verdedig.

“Die rede waarom ons hierdie vereistes voorgestel het, is dat ons weet dit werk,” het Jen Psaki, perssekretaris van die Withuis, gesê.

’n Federale regter in Kentucky het ook verlede week ’n voorlopige bevel teen Biden se voorgestelde mandaat uitgereik, maar dit was slegs van toepassing op kontrakteurs in drie state, waaronder Kentucky, Ohio en Tennessee.

New York het Maandag ook sy entstofmandaat verskerp. Die mandaat lui dat werkers in die sowat 184 000 sakeondernemings in die private sektor teen 27 Desember ingeënt moet word.

Bill de Blasio, burgemeester van New York, het ook aangekondig dat kinders tussen vyf en 11 jaar teen 14 Desember minstens een dosis entstof ontvang.

Dit sal vereis word dat hulle ’n inentingsbewys moet lewer indien hulle binnenshuise eetplekke, gimnasiums en vermaaklikheidsplekke wil betree. Alle inwoners van New York ouer as 12 jaar, sal ’n bewys moet toon dat hulle twee entstofdosisse ontvang het om dié ruimtes te kan betree.

Kinders van vyf tot 11 jaar oud moet ook ingeënt word vir “hoërisiko”‑ buitemuurse aktiwiteite soos sport en musiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Samuel ·

Ek hoop ons regering en howe leer iets hieruit. Belaglike skending van menseregte.

Marius ·

Ek kry die Amerikaners innig jammer. Hul word stelselmatig van al hul mense regte ontneem.

Rooikopheks ·

Ek stem 100% saam met jou, ons ingeëntes het ook ons regte!!!

krodedil ·

Jy is ‘n geente idioot. Jy is seker bang vir die newe effekte van enting wat duidelik na vore kom.

Papsak ·

Moe ie worrie SA word ook net so van sy menseregte geskend want anc kan mos nie dink nie daarom word ons ook net so gevors om in enting te vat hkop hulle leer n les hier deur

Genis ·

Ons regte ook, my werkgewer het gese as ons nie Januarie inge-ent is nie, kan ons nie inkom nie…

krodedil ·

Ek verneem werkers by myne wil staat oor dieselfde probleem. Die eknonomie gaan verseker nog ‘n verdere groot dip vat. Mense moet begin saamstaan en aksies soos stakings, go slow en wegbly aksies ondersteun. As jy nie kan nie moet jy maar die hou op die ken vat.

krodedil ·

Biden is die grapkas wat wat ook gesê het dat ingeente mense nooit weer die Covid sal kry nie. Ongeente mense het nie resturante, gimnasuims, en vermaakliksheidsplekke nodig nie, hulle het ONS en GELD NODIG.

Cherokee ·

Hallóóóó Erik:-)
2 dae gelede het jy gesê jy gaan lees waarvan ek praat. Ek hoop op terugvoering.

Pieter ·

Julle kommuniste dink julle kan maak net soos julle wil. Die amerikaners gaan nog lang trane huil om dat hulle vir die kommunis gestem het. Gedink hulle het gesien hoe gaan dit hier in anc land.

Gerra ·

Die bose val van al kante aan. Dankie tog vir n brokkie nugterheid wat hier en daar uitslaan.

Jacobus ·

Darm ‘n hof wat na mense luister. Biden moet gefrustreerd wees. Sy toutjies word ook maar soos sy wêreld wye ampsgenote iewers van ‘n “dizzy height” getrek.

KB ·

Ek het nog nooit tyd vir die papperd gehad nie. Dis goed dat die hof sy vlerkies vir hom knip. Jy vlieg heeltemal te hoog, ou Iccarus.

MT ·

Klein, maar belangrike oorwinning.

Dit sal egter die outokratiese elite net verder aanvuur met die daarstel van nog meer drakoniese ingrype.

Soos in die vroee 2000’s waar onkundige Amerikaners deur vrees en angs gedryf is om die groenlig te gee vir ‘n grootskaalse militere inval in ‘n land wat absoluut geen verbintenis met die tereuraanvalle van September 2001 gehad het nie, word die wereld weer op ‘n globale skaal gedryf om afstand te doen van persoonlike vryheid en keuses.

Angs was nog altyd ‘n kosbare wapen in die hand van die Bose.

Androclus ·

STEM 100% SAAM.Angs was nog altyd ‘n kosbare wapen in die hand van die Bose.

Papsak ·

Ja hulle moet net mooi dink as ons wat nie ge ent is nie nie in malls of winkels mag in gaan nie ek gee nie om nie ek spaar my geld hulke gaan daar onder ly hulle gaan kliente verloor en bitter baie geld en ekonomie gaan sy gat sien speel voort julle gaan sien hoop julle dink wat julle mee besig is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.