Hommeltuig-aanval op Saoedi-olieraffinadery

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: FAYEZ NURELDINE / AFP)

’n Olieraffinadery in die hoofstad van Saoedi-Arabië het onder ’n hommeltuig-aanval deurgeloop. Dié voorval van “sabotasie en terrorisme” het Donderdag in die vroeë oggendure plaasgevind en volg op ’n reeks soortgelyke aanvalle op Saoedi-fasiliteite.

Jemen se Houthi-rebelle, wat teen ’n Saoedi-geleide koalisie veg, is glo vir die aanvalle verantwoordelik.

“Die olieraffinadery in Riyadh is deur ’n hommeltuig aangeval, wat tot ’n klein brand gelei het wat onder beheer gebring is,” het die ministerie van energie gesê.

“Die aanval het geen besering of sterftes tot gevolg gehad nie, en ook nie die toevoer van olie of sy neweprodukte geraak nie.”

Die ministerie het egter geen melding daarvan gemaak dat die aanval deur Houthi-rebelle uitgevoer is nie.

Saoedi-Arabië, een van die wêreld se grootste olie-uitvoerders, en sy vennote in die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) verkeer weens die situasie in Oekraïne onder groot druk om produksie te verhoog om prysstygings te help bekamp.

Brent-oliepryse het vandeesweek tussen $139 (R2 099) en $105 (R1 585) wipplank gery nadat die konflik tussen Oekraïne en Rusland kommer oor voorraad laat ontstaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

En die wêreld, veral ons regering, byt die situasie uit deur brandstof onbekostigbaar te maak. Ons sou nou gedoen het met ons olie reserwes van vervloeë se dae.

SlinkseKoljander ·

Ongelukkig was daai reserves verkoop sodat ons ANC kaders die geld in hulle sak kan sit. Geld waarvoor hulle nie gewerk het nie. Nie dat die klomp gemors ooit werk nie

JohanR ·

Het Cyril die Saudi koning gebel, of geoffer om troepe, duikbote en vliegtuie te stuur?

Jacques ·

Oe! Dit lyk my die oliebaronne wil nou opmaak vir hulle Covid verlies in 2020.
Kom ons veroorsaak nog krisisse:” Let’s see how high we can make this thing go”

annie ·

Hoekom het ons nog vir Sasol? Wat was sy oorspronklike doel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.