‘Ietwat oordrewe’: Taxibestuurder vertel van Harry, Meghan se jaagtog

Harry, Meghan en Meghan se ma, Doria Ragland, Dinsdagaand in New York. (Foto: Twitter)

’n New Yorkse taxibestuurder wat prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, Dinsdagaand vir sowat tien minute vervoer het terwyl hulle paparazzi probeer afskud het, sê die egpaar was duidelik op hul senuwees.

Die taxibestuurder het egter in géén stadium van die rit gevoel dat hy of die hertog en hertogin van Sussex in gevaar is nie.

“Ek dink nie dit is waar nie. Ek dink die hele storie word oordryf,” sê die taxibestuurder Sukhcharn Singh oor ’n woordvoerder van Harry en Meghan se verklaring dat die egpaar Dinsdagaand in ʼn “byna katastrofiese motorjaagtog” met paparazzi in New York betrokke was.

Singh vertel dat hy die egpaar by ’n polisiestasie in Manhattan opgelaai het nadat ’n veiligheidswag hom nadergeroep het.

“Ek was in 67ste Straat toe die veiligheidswag my nadergeroep het. Voor ek my kon kry, spring Harry en sy vrou in my taxi,” vertel Singh aan BBC.

“’n Vullisvragmotor het ons pad versper en skielik het paparazzi gekom en begin foto’s neem.”

Singh vertel Harry en Meghan was op die punt om te sê waarheen hulle op pad is sodat hy hulle daarheen kon neem, toe die veiligheidswag besluit het die egpaar moet eerder na die polisiestasie terugkeer.

“Hulle was redelik senuweeagtig, maar die veiligheidswag het die situasie onder beheer gehad.”

Volgens Singh was Harry en Meghan nie in enige gevaar nie – minstens nie vir die tien minute wat die koninklike egpaar in sy taxi deurgebring het nie.

“New York City is die veiligste plek om te wees. Daar is polisiestasies en polisiebeamptes op elke hoek. Daar is geen rede om bang te wees in New York nie.”

Die paparazzi was ook nie aggressief tydens sy rit nie, sê Singh.

“Hulle was agter ons. Ek bedoel, hulle het by ons gebly. Maar dit was omtrent dit. Hulle het hul afstand gehou.”

Volgens Harry en Meghan se woordvoerder het die egpaar en Meghan se ma, Doria Ragland, ʼn toekenningseremonie in New York bygewoon voordat hulle “in ʼn byna katastrofiese motorjaagtog betrokke was weens ʼn groep hoogs aggressiewe paparazzi”.

“Die genadelose jaagtog, van meer as twee ure, het byna verskeie ongelukke met ander padgebruikers, voetgangers en NYPD-beamptes tot gevolg gehad,” het die woordvoerder gesê.

Die New Yorkse polisie het intussen gesê “talle” fotograwe het die Sussexe se reis “uitdagend” gemaak, maar dat daar geen botsings, beserings of inhegtenisnemings aangemeld is nie, berig CNN.

Twee lede van die egpaar se veiligheidspan het die voorval as “chaoties” beskryf aangesien paparazzi hulle in verskeie voertuie, onder meer motors, bromponies en elektriese fietse, agternagesit het.

Volgens die hulle moes die Sussexe tydens die jaagtog verskeie kere van motor verander in ’n poging om die paparazzi af te skud.

Singh beskryf Harry en Meghan as “gawe mense”.

“Hulle het aan die einde van die reis vir my gesê dit was lekker om my te ontmoet.”

Die egpaar het ook gevra wat sy naam is en die veiligheidswag het hom vir die rit vergoed.

“Dit was wonderlik. Tien minute se ry, $50.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Thelsa ·

Tipiese oordrewe uitlatings en kommnetaar deur Megan wat van elke molshoop ‘n berg maak.

Lurock ·

Ja nee, aandag soekery. Ek glo die hele voorval is erger aangedik. In Amerika is hulle klei vissie in n baie groot dam en is die Amerikaners baie min gespin oor die twee se doen en late. Hulle sal enigiets doen om tog net raak gesien te word, en so skiet hulle hulleself in die voet rakende hulle self opgeleide privaatheid. Iemand het genoem van leesstof vir ‘n nuwe boek van Harry en ek wil daarmee saamstem.

Bulkalf ·

Megan as jy wil vrees, kom spring saam met een van jou broers on n taxi hier my girl.

Chantel ·

Hierdie twee maak van als ‘n miershoop. Ek kan nie verstaan hoekom daar steen na hul verwys word ias hertog en hertogin …. het die twee nie besluit om afstand te doen daarvan nie? Vra maar net.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek kry die ou eintlik jammer. Hy het verkeerd getrou en sit nou met die gebakte pere. Hy moes by oom Andy ingetrek het en dan kon hulle elke aand London rooi geverf het.

Piet Snot ·

Daai 2 manne kon die “life of Riley” saam geleef het. Genade, stel jou voor wat ek en jy in daardie situasie sou aanvang.
Londen, hier kom ons – bel solank die polisie!

Mariana ·

Enigiets om net gesien en gehoor te word. Raak hulle dan nooit moeg vir die aandag nie. Altyd besig met iets om net relevant te bly. So vervelig.

Minnie ·

Dis vir my baie duidelik dat die wat negatiewe kommentaar lewer NIE Harry se boek gelees het nie. Hy ly aan PTSD agv sy ma se dood, en wat haar dood veroorsaak het.

Give him a break….please !

kragaap ·

Ag asseblief. Een of ander tyd moet almal verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie lewens en ophou slagoffer speel. Hy was nooit so nie tot hy getrou het toe steek hy die slagoffer siekte aan.

kommentaar ·

Enige iets uit die paar se mond moet met n klompie klompie kilogramme sout geneem word……

HettiM ·

In addition, the Mayor of New York, Eric Adams, stated:

“I would find it hard to believe that there was a two-hour high speed chase.”

Also, the taxi driver who transported the couple after attending an event on Tuesday told The Washington Post in an interview that “he would not call the incident a chase, adding that he felt safe during the ride.”

Niklaas ·

Nou hoekom is ek nie verbaas oor hierdie onthullings nie. Meghan is mos aktrise en sal redelik baie doen vir sensasie , reklame vir haarself en enige gratis nuus dekking .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.