Inbreker mors R51 miljoen se wyn in Spanje

Jose Moro, hoof van Cepa 21 (Foto: Cepa 21/Facebook)

Byna 60 000 liter premium rooiwyn ter waarde van sowat €2,5 miljoen (meer as R51 miljoen) het verlore gegaan by ʼn wynkelder in Spanje. Iemand het oor die naweek ingebreek en die vate oopgemaak, het die kelder Dinsdag gesê.

Beeldmateriaal wat deur die bekroonde Cepa 21-wynkelder in die Ribera del Duero-streek in sentraal-Spanje vrygestel is, wys hoe ʼn persoon in ʼn kappietop van een groot vat na ʼn ander hardloop en die krane oopdraai. Die wyn stort uit die vate.

Die voorval het Sondagoggend omstreeks 03:30 plaasgevind, aldus die kelder. Die hoeveelheid hoëgehalte wyn wat verlore gegaan het, sou sowat 80 000 bottels kon vul.

Jose Moro, hoof van Cepa 21, het aan die Spaanse openbare uitsaaier TVE gesê dit is duidelik dat die inbreker se doel was om die onderneming skade te berokken. Geen ander items is tydens die inbraak gesteel nie.

“Dit is ʼn geval van skade om skade aan te rig deur iemand wat waarskynlik nie baie gebalanseerd is nie, nie enige gesonde verstand het nie en uit haat optree,” het hy aan die stasie gesê.

Volgens Moro sou die inbreker moes weet hoe om die stelsel te bedryf om die vate oop te maak. “Alles dui daarop dat die persoon presies geweet het waar dit was.”

Die kelder het ʼn klag by die polisie ingedien en die polisie het aan AFP bevestig dat ʼn ondersoek van stapel gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Helena Elizabeth ·

Ek wou kommentaar lewer, maar toe sien ek ‘n ander Helena het presies gesê wat ek dink… Seker maar die naam… ons dink dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.