ʼn Man van Hawaii het saam met sy meisie branderplank gery toe hy skielik gekniel en die jawoord gevra het.
Hawaii News Now berig Lauren Oiye het “ja” gesê net voor Chris Garth die ring in die see laat val het. Gelukkig het hy ʼn spaarring gereed gehad.
Verskeie fotograwe was byderhand om die oomblik af te neem.
Garth het gesê hy weet iets kan skeefloop, so hy het ʼn ring gereed gehad net toe hulle uit die water gekom het. Die werklike ring was veilig aan die kus van Queen’s Beach in Waikiki waar die paartjie mekaar twee jaar vantevore ontmoet het.
Besonderhede oor die koste van die ringe is nie bekendgemaak nie.

Chris Garth en Lauren Oiye vier hul verlowing (10 November 2019) (Foto: Lisa [email protected] via AP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Ag dink wonderlik gebaar en n verrassing. Baie geluk!
Beste plek gekies, GREAT JOB, BLESSINGS ????????????????????????????????????????????????????
WOW, so romaties. Dit is nou ‘n vangs.
Cute:-))
I wish I could surf,