Kalifornië kry dalk ook beurtkrag

Die Golden Gate-brug in San Franciscobaai in Kalifornië. Foto: Pixabay

Kalifornië sal moontlik ook binne die volgende week beurtkrag ervaar, nadat die Amerikaanse deelstaat se kragverskaffer Dinsdag ʼn vlak 3-energiekrisis aangekondig het.

Die staat ervaar tans ʼn uiters hoë vraag na elektrisiteit weens ʼn week lange hittegolf wat kragverbruik na “ongekende vlakke” stoot, berig die Amerikaanse nuuskanaal NBC.

Kragverbruik sou na verwagting Dinsdagaand tot 51 145 MW styg, meer as die rekordkragverbruik van 50 270 MW in 2006.

California Independent System Operator (ISO) het verbruikers Dinsdag in ʼn twiet versoek om asseblief hul kragverbruik te verminder. “Die staat ondervind tans die warmste dag in ʼn week lange hittegolf en die toestand van die kragstelsel sal waarskynlik net vererger. Indien nodig sal ISO kragstasies aansê om die krag roterend af te skakel om die stabiliteit van die kragstelsel te verseker,” het die kragverskaffer gesê. “Indien dit gebeur, sal verbruikers via telefoon, selfoonboodskap of e-pos ingelig word.”

Elliot Mainzer, uitvoerende hoof van California ISO, het gesê dít is ʼn buitengewone hittegebeurtenis en verbruikers gevra om veral ná 16:00 hul kragverbruik te verminder. “Dit is absoluut noodsaaklik.”

Teen Woensdagoggend Suid-Afrikaanse tyd was dit egter nog nie nodig om kragonderbrekings in te stel nie.

Volgens NBC sal kragstasies besluit wat die beste manier sal wees om kragonderbrekings te versprei en te roteer, met die doel om dit so kort moontlik te hou.

“Ons wil nooit op daardie punt kom nie, maar indien dit gebeur, moet almal voorbereid wees en verstaan wat op die spel is,” het Manzier gesê. “Ons kan nie die weer beheer nie, maar ons kan ons kragverbruik verminder.”

Kalifornië het die afgelope jare baie van die natuurlike gaskragsentrales gesluit en die staat steun swaar op sonplase, wat net krag opwek tot die son sak. Dit is dan ook net wanneer die vraag na krag begin toeneem, berig Bloomberg. Terselfdertyd ervaar die staat sy ergste droogte in 1 200 jaar, wat ʼn negatiewe uitwerking op die opwekking van hidro-energie het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anel ·

Hoe de joos kan dit met ons vergelyk word??? By ons is dit agv nie instandhouding nie, diefstal, korupsie, wanbetaling!!!!By hulle agv ongekende weerstoestande! Hulle kan die onderbrekings beheer, hier nie!!!

VaalDonkie ·

Dis nie waar nie. kalifornie is behep met “groen” wees en hulle wil nie nog kragsentrales bou nie. Dis net soos dit hier gaan. Moenie dink net omdat Hollywood daar is, dat dit ‘n vooruitstrewende Amerikaanse staat is nie. Hulle is legendaries vir hoe swak die kragnetwerk is. Hulle het al op ‘n stadium vir dae aaneen sonder krag gesit oor die “groenes” nie wil kragsentrales nou nie. Soek op Google vir “California brown outs”

Gaitsigubib ·

Vaaldonkie dis so duidelik wie kyk Fox news, Next News en ander alternatiewe nuus, en wie kyk slegs CNN en SABC 2. Die mense sou verstaan waarvan jy praat, maar ai …….

VaalDonkie ·

Ek kyk deesdae net vir JP Sears se gespottery met die nuus. Hy’s die akkuraatste van hulle almal.

Chrisp ·

Liberale denke en dade het maar sy beserings hulle leer nooit .
Ek hoop net die klomp wat nou uit die liberale stede en state trek na bv Florida neem nie

Chrisp ·

Liberale denke en dade het maar sy beserings hulle leer nooit .
Ek hoop net die klomp wat nou uit die liberale stede en state trek na bv Florida neem nie hulle liberalisme saam nie ,liberalisme (linkses) bly ‘n kanker wereldwyd RSA is ‘n mooi voorbeeld hiervan.

JP Sears is briljant

Antie Sarie ·

So Anel sê dieselfde probleem kan twee verskillende oorsake he? Hang net af wie regeer? WOW

Andries ·

Die verskil is dat hulle dit kan beheer en die mense gee ag op die versoek van minder kragverbruik. Die kans dat daar ook beurtkrag ingestel gaan word dink ek is uiters skraal. Die korrupsie en kabeldiefstal in Kalifornië is sekerlik onder beheer en die skelms sit in die tronk… Lag ek nou lekker.

Jacob ·

Die kragprobleem in Kalifornië word nie soseer veroorsaak deur ‘n stygende vraag na krag nie, maar ‘n hondsdol gejaag na sogenaamde groen energie wat duidelik nie werk nie. Duitsland is nog ‘n voorbeeld waar hulle gaan bars onder die winterkoue as gevolg van die “klimaatsverandering” regulasies. Moontlik kom gesonde verstand weer na vore terwyl Rusland lag vir die sanksies wat die Europese Unie teen hom ingestel het.

…En miskien is binnebrand enjins, steenkool, gas en atoom energie vir kragopwekking nie so sleg nie en dalk, moontlik net dalk sal mense begin dink voor hulle stemkruisies trek en ondoeltreffende tegnologie as redding van die mensdom besing.

Antie Sarie ·

Een van die dae gaan die mensdom begogel word deur “wireless electricity”. Ek sidder vir daardie dag.

VaalDonkie ·

Ou Nikola Tesla wou mos “wireless” gaan. Dit werk tot in ‘n mate maar dis so vrek gevaarlik ek wil NIKS daarmee te doen he nie. Dit sou wees soos om in ‘n permanente donderstorm te leef.

Martie Smartie ·

Stuur vir Andre en Jan om hulle te gaan touwys maak … he he he

Antie Sarie ·

En daar is nog steeds mense wat glo dat ons beurtkrag as gevolg van gebrek aan onderhoud is. WOW

philippus ·

Zimbabwe we het dit invent, suid africa perfected it, the rest will follow. .. I see Los Angeles het so n groot hawelose klomp mense…. die bly maar orals n probleem te wees. Afrika is deesdae orals

Koos 100 ·

Ironie 101. Terwyl ek die berig lees kry ek ‘n “pop up” wat my vertel dat beurtkrag by my huis in 55 minute begin!!!

Elma ·

Sterkte is al wat ek kan sê. Once you go there, no turning back! Heeltemal te maklik en gerieflik vir die kragvoorsieners om die verbruiker te straf.

jeff ·

Suid Afrika se huidig sal VSA se toekoms wees. Dis ‘n feit wat staan soos ‘n kuie.

Antie Sarie ·

Jy vergeet van NZ, Aus, UK, Kanada ens. Hulle het selfde dreigemente. O ja. Duitsland ook.

Piet parys ·

Hulle kan sommer beurtkrag by Sa kry want ons kan niks daarmee doen nie . Verniet.
Dit is geensins n vergelykbare rede hoekom hier beurtkrag is nie . Is dit nou om ons beter te laat voel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.