Kinders se oorskot ná byna 6 jaar in beton en in ʼn tas gevind

Jesus Dominguez Jr (links) en Yesenia Dominguez (Foto verskaf deur die Pueblo-polisie)

ʼn Paartjie is in hegtenis geneem ná kinders se oorskot in beton in ʼn stooreenheid en in ʼn tas in die kattebak van ʼn motor by ʼn skrootwerf in Colorado in die VSA gevind is.

Die polisie het die gruvonds op 20 Januarie 2024 by die Kings Storage Centre gemaak.

Volgens ʼn verklaring deur die Pueblo-polisie het ʼn persoon op ʼn metaalhouer vol beton in die stooreenheid afgekom. Die persoon was agterdogtig en het die polisie ontbied. ʼn Spesiale polisie-eenheid het uiteindelik op 22 Januarie bevestig die houer bevat die oorskot van ʼn kind.

Die polisie het, as deel van die ondersoek, die publiek se hulp ingeroep om twee kinders, Jesus Dominguez Jr. en Yesenia Dominguez, op te spoor. Die Dominguez-kinders is laas in die somer van 2018 gesien.

Die polisie het aanvanklik gehoop dat die publiek hulle sou kon help om die kinders veilig op te spoor.

Corena Rose Minjarez (36) en Jesus Dominguez (35) is op 31 Januarie 2024 deur die polisie ondervra.

Dominguez is na bewering die pa van die twee kinders en Minjarez is in ʼn verhouding met hom.

Tydens die ondervraging het Minjarez en Dominguez aangedui dat die kinders moontlik in Phoenix, Arizona, kan wees. Die polisie het dié leidraad tevergeefs opgevolg.

Tydens die ondersoek het die speurders op ʼn voertuig van Minjarez afgekom by ʼn plaaslike skrootwerf. ʼn Soektog is op 6 Februarie uitgevoer. Beamptes het op ʼn tas in die kattebak van die motor afgekom. Die oorskot van ʼn jong seun is in die tas gevind.

Die polisie het op 15 Februarie DNS-bevestiging ontvang dat die oorskot in die beton in die stooreenheid aan Yesenia behoort en klein Jesus se oorskot was in die tas.

Die Pueblo-polisie het daarna lasbriewe vir die inhegtenisneming van Minjarez en Dominguez bekom op aanklag van moord met voorbedagte rade en die skending van ʼn lyk. Dominguez staan ook tereg op aanklag van die diefstal van staatsvoordele.

Minjarez is kort daarna in hegtenis geneem en Dominguez is Saterdag in hegtenis geneem.

Volgens die polisie het wenke van die publiek tot Dominguez se inhegtenisneming gelei. “Hy het op die sypaadjie gestaan en pizza eet toe beamptes hom genader het.”

Die paartjie het ʼn uitsettingskennisgewing van die stooreenheid ontvang en het familielede toestemming gegee om dit te ontruim. Die familie het toe op die metaalhouer afgekom.

“Dominguez het aansoek gedoen vir ʼn toelaag [van die staat] en niemand kon rekenskap gee van die kinders nie. Hy het die toelaag vir die kinders ontvang terwyl hulle vermis was,” het sers. Frank Ortega gesê.

Niemand het ooit die kinders as vermis aangemeld nie. Die Pueblo-polisie het eers op 20 Januarie 2024 gehoor die kinders word vermis.

UPDATE: HOMICIDE INVESTIGATIONJesus Dominguez has been arrested._______________________________________HOMICIDE…

Posted by Pueblo Police Department on Friday, February 16, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Danie ·

Een of twee Swaeltjies maak nie ‘n somer nie. Maar hier soort vanne kom al hoe meer gereeld in sulke optrede voor. Wil nogal voorkom asof die klomp onwettige goed wat so oor die VSA se suidelike grens stroom meestal die uitvaagsels van die plekke waarvan hulle kom is.

Racheltjie Debeer ·

Maak daai drom vol beton aan hul voete vas en gou hul in die see.

Anna84 ·

Niemand het die kinders as vermis aangemeld nie?? Dit is siek verby en ek hoop die 2 word toegesluit en die sleutel word weggegooi!!!

Kokerboom ·

Die absolute wreedheid van die mensdom. En dan is sy naam Jesus!?

ES ·

Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir sulke mense. Vermoor klein kindertjies en gaan aan met hul lewens asof niks fout is nie…

Marisa ·

Die familie was bereid om die stoor te gaan leegmaak, maar het nooit navraag oor die kindertjies gedoen nie? Vreemd.

George ·

@Marisa, amper soos die familie van Dickeson skielik nou al die gevaar tekens kan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.