Kluisbokse in ‘Hollywood-tipe’ bankrooftog geteiken

Argieffoto (Foto: Klarinette71/Pixabay)

Diewe het by byna 170 kluisbokse ingebreek by ʼn tak van Iran se grootste bank en die inhoud gebuit, het die bank Dinsdag gesê.

Die staatsbeheerde Bank Melli het op sy webwerf gesê 168 kluisbokse is by die tak oopgebreek. Die bank of polisie het nie die waarde van die verliese bekendgemaak nie, soos wat gewoonlik die geval is in só saak.

Die diewe het Sondag voordeel getrek uit ʼn nasionale vakansiedag en op die bank in Enghelabstraat, ʼn hoofstraat in Tehran, toegeslaan.

Volgens die Fars-nuusagentskap het hulle die slot van ʼn agterdeur oopgebreek en ook só ontsnap. Hulle het die deur weer agter hulle toegesluit.

Polisie ontken plaaslike mediaberigte dat die bank se alarm afgegaan het om die takbestuurder in kennis te stel, en dat hy versuim het om te reageer weens vorige vals alarms.

Internetgebruikers sê die misdaad “lyk soos ʼn toneel uit ʼn Hollywood-fliek”.

Verskeie werknemers wat van nalatigheid verdink word, word ondersoek, het die Tehran-polisie aan die amptelike Irna-nuusagentskap gesê.

Bank Melli sê hy is van voornemens om die persone, aan wie die bokse behoort, “ten volle te vergoed”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Klink vir my maar na ‘n’ inside job.’
Ek wou al van my goed ( ook dokumente) by ‘n bank gaan stoor het, maar so iets het ook al hier in SA gebeur.
Waar is jou goed dan nou veilig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.