LinkedIn gee een week vakansie vir sy personeel se welstand

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Die sosiale netwerk LinkedIn gee volgende week byna al sy 15 900 verlof in ʼn poging om uitbranding te voorkom en sy personeel die kans te bied om uit te rus, het die maatskappy Vrydag aan AFP gesê.

Die Microsoft-beheerde maatskappy het gesê die “RestUp!”-week begin Maandag en dit het ten doel om werknemers tyd te gun om na hul welstand om te sien.

“Daar is iets baie spesiaal wanneer die hele maatskappy saam ʼn breek neem,” het LinkedIn aan AFP gesê. “En die beste deel? Om nie na ʼn berg onbeantwoorde interne e-posse terug te keer nie.”

LinkedIn sal deur die week werknemers, wat geïsoleerd voel, die kans gee om deel te neem aan daaglikse aktiwiteite soos vrywilligerswerk aan liefdadigheidsorganisasies deur “lukrake dade van goedhartigheid”, aldus die maatskappy.

ʼn Kernspan van werknemers sal steeds deur die week werk, maar hulle sal later verlof kan skeduleer.

Groot tegnologiemaatskappye is van die eerste in die VSA wat tuiswerk verlede jaar ingestel het om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Meeste het nog nie weer hul kantore ten volle oopgemaak nie. Twitter het afstandswerk onbepaald verleng.

LinkedIn verwag nie van werknemers om voor September terug te keer kantoor toe nie en beplan om dit standaardpraktyk te maak dat werknemers tot soveel as helfte van die tyd van die huis af te kan werk.

Microsoft het in die middel van 2016 LinkedIn vir $26,2 miljard gekoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Kan die ANC nie ‘n jaar of tien se verlof vat sodat Suid Afrika kan rus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.