Meer as 200 walvisse spoel op strand uit

Die walvisse het Woensdag uitgespoel. (Foto: Tasmania Parks and Wildlife Services/Facebook)

Nagenoeg 230 loodswalvisse het Woensdag aan die weskus van Tasmanië, Australië, uitgespoel.

Die walvisse het in die omgewing van Macquarie Harbour gestrand en dit blyk dat minstens die helfte van die diere reeds dood is.

“Mariene kundiges ondersoek die toneel en beplan tans ʼn gepaste optrede,” lui Tasmania Parks and Wildlife Services se verklaring oor die voorval.

ʼn Massastranding het sowat twee jaar gelede in dieselfde gebied plaasgevind met byna 500 walvisse wat gestrand het. Net meer as 100 het dit oorleef.

Die oorsaak van massastrandings word steeds nie ten volle verstaan ​​nie, maar wetenskaplikes meen een van die moontlike redes kan wees dat ʼn skool walvisse die pad byster kan raak nadat hulle te naby aan die kus gevoed het.

Loodswalvisse is sosiale diere en sal lede van hul skool in ʼn gevaarsone in volg.

Tasmania Parks sê hy het nie in hierdie stadium vrywilligers nodig om die walvisse van die strand af te verwyder nie.

Inwoners van die gebied is daaraan herinner dat walvisse ʼn beskermde spesie is, en dat dit ʼn oortreding is om met ʼn walviskarkas te peuter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Phillip ·

Timin visse in die see vir al die see lewe te voet . Mens roei die see lewe uit

Haan ·

seelewe verkies om te swem. Bitter selde dat mens een van hulle te voet teëkom.

Drikus ·

Ek is bereid om geld te wet dat iemand dit op “Klimaatsverandering” gaan blameer. Dit is mos die maklikste ding om te doen, en speel polities lekker in die “globalists” se hande.

Di ·

ONS as mense is die oorsaak dat selfs die seelewe in gevaar is! Al hierdie dinge is te danke aan dinge wat die mensdom doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.