Miljoene dollar se skade toe seiljagte afbrand

Foto: Fort Lauderdale Fire Rescue

Meer as 60 Broward-brandbestryders in Florida in die VSA het Saterdagoggend vroeg vier ure lank gespook om die brand te blus toe ʼn brand op twee luukse seiljagte uitgebreek het.

Ongeveer $20 miljoen (meer as R294 miljoen) se skade is aangerig.

Fort Lauderdale se brandweer is omstreeks 04:30 na die Universal Marine Center ontbied.

Die seiljagte was reeds in vlamme gehul en rookwolke was myle ver te sien. Brandbestryders moes die brand bestry van bote af, wat op die kanaal geanker is.

Een van die seiljagte was ongeveer 160 voet lank en die tweede een ongeveer 100 voet. Albei het opknappingswerk ondergaan toe die brand uitgebreek het. Die amptelike oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Een van die seiljagte was tussen ongeveer $16 miljoen en $18 miljoen werd en die tweede een tussen $2 miljoen en $4 miljoen. Verfwerk aan die seiljagte was reeds afgehandel insluitend houtafwerking en opknapping aan die interieur.

Owerhede van die omgewingsbewaringsagentskap monitor enige besoedeling, soos diesel, wat in die kanaal beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.