Moordklag ná man kyk hoe vrou sterf

Kyle Austin Pollett. (Foto: Jacksonville-polisie / Fox News)

ʼn Man van Florida in die VSA word nou van moord aangekla nadat hy glo toegekyk het hoe ʼn vrou aan ʼn oordosis heroïen sterf voordat hy haar beroof het.

Fox News berig dat Kyle Austin Pollett (26) daarvan beskuldig word dat hy op 20 Januarie ʼn noodlottige dosis van fentaniel aan Lauren Jaffe verskaf het. Hy het glo vir ʼn kort tyd noodhulp toegepas, maar later sy motor vol elektroniese toestelle uit haar woonstel gelaai. Pollett het ook Jaffe, wie se ouderdom nie bekend is nie, se veiligheidskameras stukkend geslaan.

Hy word ook deur verskeie ander klagte in die gesig gestaar, waaronder die verkoop van fentaniel, die besit van kokaïne en gewapende huisbraak.

Luidens hofdokumente het Pollett wel op die betrokke dag noodhulp op Jaffe toegepas toe sy haar bewussyn verloor, maar kort daarna handdoek ingegooi. Hy het egter in geen stadium hulp ontbied of Jaffe se mediese krisis aangemeld nie.

Hy het haar televisie, rekenaar en selfoon gebuit en kameras om die huis stukkend geslaan. Volgens ondersoekers is hy egter deur kameras buite én binne die huis vasgevang.

“Daar kan gesien word hoe Pollett na die voordeur stap en die kamera by die deurklokkie opmerk. Hy draai dan weg en sit ʼn masker op sy gesig voor hy terugloop.

“Hy het glo die eerste kamera met ʼn hamer gemoker, ʼn ander een onder water geplaas en ʼn derde kamera in die vrieskas geprop. Ondersoekers kon egter nie die laaste kamera opspoor nie.”

Jaffe se kamermaat het glo die Find My Friends-app gebruik om te bepaal waar Jaffe se selfoon laaste was voordat dit afgeskakel is.

Dié app het gewys dat Jaffe se selfoonsein by ʼn huis in Dignanstraat opgetel is – dít was meer as ʼn uur nadat sy om elfuur by ʼn hospitaal dood verklaar is.

Die kamermaat het aan Fox News Digital gesê dat Pollett vermoedelik ʼn kennis van Jaffe was.

Die polisie het Pollett se voertuig op dieselfde dag van Jaffe se dood opgespoor en dwelms – waaronder fentaniel – gevind.

Hy het glo erken dat hy Pollett se huis besoek het, maar volgehou dat hy slegs ʼn virtuelerealiteit by die slagoffer wou koop.

Hy wou geen verdere vrae beantwoord nie. Fox News kon ook nie sy prokureur vandeesweek vir kommentaar opspoor nie.

Pollett het ʼn geskiedenis van kriminele oortredings wat die verkoop en besit van dwelms en diefstal insluit.

Hy was ten tyde van Jaffe se moord voorwaardelik vrygelaat nadat hy ʼn ander vrou aangerand het toe sy haar selfoon by hom wou terugvat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Porseleintjie ·

Dit was reeds moord toe hy dit aan haar verkoop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.