‘No vac’-Djokovic bereid om trofeë prys te gee

Novak Djokovic (Julie 2021) (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Die wêreld se voorste manstennisspeler Novak Djokovic sal eerder toekomstige trofeë prysgee as om gedwing te word om teen Covid-19 ingeënt te word.

Djokovic is vandeesweek gedurende ’n onderhoud met BBC gevra of hy weens sy entstofstandpunt bereid sal wees om groot toernooie soos Wimbledon en die Franse Ope mis te loop. “Ja. Dit is die prys wat ek bereid is om te betaal,” het die Serwiër doodluiters geantwoord.

Op die vraag of hy bereid is om die kans prys te gee om statisties die beste tennisspeler te wees wat nog ooit ’n tennisraket opgetel het, het hy geantwoord:

“Ja.” ’n Effense glimlag het om sy mondhoeke gespeel. “Inderdaad. Die beginsel van besluitneming oor my liggaam is belangriker as enige titel of enigiets anders. Ek probeer soveel as wat ek kan in harmonie met my liggaam wees.”

Djokovic het wel gesê hy is nie gekant teen die entstof nie en skaar hom ook nie by die sogenaamde teeninentingsbeweging nie. Die tennisster hou vol hy ondersteun bloot ’n mens se keuse om teen Covid-19 ingeënt te word al dan nie.

“Ek besef almal wil ’n einde aan die pandemie bring en dat die entstof waarskynlik die grootste poging tot dusver was om dit te doen. En ek respekteer dit ten volle. Maar ek het nog altyd die vryheid om te kies wat jy in jou liggaam sit, ondersteun.

“Dit gaan regtig oor die beginsel van ​​wat reg en wat verkeerd is vir jou. Ek het nog altyd as ’n professionele elite-atleet alles wat in my liggaam gaan, noukeurig hersien en beoordeel – of dit nou kos, aanvullings, water of sportdrankies is.”

Djokovic het voorts gesê hy besef sy besluit om nie teen Covid-19 ingeënt te word nie, hou gevolge in aangesien tennis ’n sport is wat oor die hele wêreld beoefen word en baie rondreis vereis.

“Een van die gevolge van my besluit was om nie Australië toe te kan gaan nie en ek was ook bereid om nie te gaan nie. Ek verstaan om nié ingeënt te word nie, beteken dat ek nie na die meeste toernooie sal kan reis nie.”

Djokovic is verlede maand voor die Australiese Ope uit Australië gedeporteer nadat die regering sy visum gekanselleer het.

Djokovic hoop egter dat die inentingsvereistes voortaan in sekere toernooie sal verander, en dat hy “vir nog baie jare kan speel”.

Lees al die berigte oor Novak Djokovic op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Henry ·

Ek is bly oor sy besluit. Dit het tyd geword dat mense wakker word. Dit is net snaaks toe hulle begin met inentings toe styg die inveksies. Toe hulle minder inent toe daal dit. Hulle gebruik baie redes. Hoe is dit dat baie mense wat ingent is hart probleme optel. Sommige val dood neer op sokker veld. Jou liggaam is so gemaak dat dit die kieme en virisse kan hanteer. In baie lande kom mense nou in opstand teen inentings. Lande skrap ook nou inperkings

Grens ·

Kan jy asb die navorsing van almal wat so neerslaan stuur, en dat dit die enting was?

Cobus ·

Stuur gerus dan ook die bewyse dat almal wat neergeslaan het as gevolg van Covid was. Maklik ne?

MakersMark ·

Wie is “hulle” en hoeveel is dood op die sokker veld agv inentings ?

Racheltjie Debeer ·

Ek stem saam met Novac, dis elke mens se reg om self te besluit oor inenting! Niemand mag ons dwing nie.

Nommer 7 ·

Die probleem is anti-vaxers wil nie besluit nie. Hulle wil aanhou werk en nie die keuse uitoefen om by doe huis ye gaan sit nie.

George ·

en hulle hoef nie reels te verander vir anti vaxxers nie. Ek hou nie van gordel dra nie, niemand kan my dwing nie, my lyf, my kar, my keuse, of hoe?

VaalDonkie ·

Sitplekgordels het nog nooit iemand ‘n beroerte gegee nie. Jy kan hom ook losmaak wanneer jy nie in die kar is nie.

Cobus ·

As jou gordel se doeltreffendheid afhang of ek myne aanhet of nie DAN DRA JY NIE ‘n GORDEL NIE!!! Jou argument is lagwekkend. Sê dit vir jouself in die spieel, miskien kan jy jousleg oortuig. Belaglik!!!

Buzz711 ·

Amper so lagwekkend om te verwag dat ek my moet jab vir jou jab om te werk of hoe?

Danie ·

Daar is nou iemand wat mens kan respekteer – wie is nog bereid om so vas op hulle beginsels te staan?

piet ·

Respekteer jy maar iemand wat lieg op sy aansoekvorms om ‘n ander land binne te kom.

George ·

sulke goeie beginsels soos om te lieg oor wat hy gedoen het terwyl hy positief was.

MakersMark ·

Uiteindelik is al novax se aksies deur selfsug en arrogansie geinspireer. Niks met beginsels uit te waai nie.

Anna-Marie ·

Wat ‘n moeilike besluit en eintlik so onnodig dat enige iemand so ‘n keuse hoef te maak. Ek is trots op hom dat hy nie voor mammon gebuig het nie.

Jenny ·

Ek bewonder hierdie man wat op sy regte staan. Ek is ook teen hierdie inenting. Ek was laaste keer as baba ingeënt en sal nie toelaat dat hulle goed in my liggaam inspuit wat hulle geen waarborg het dat dit werk nie. Dit is my God gegewe reg om op die Here Jesus Christus te vertrou dat Hy my sal genees.

piet ·

Nou wat maak jou nou so spesiaal dat jy juis die een gaan wees wat genees gaan word in teenstelling met baie ander gelowiges wat gesterf het aan Covid? Klink vir my na ‘n bisarre redenasie. Dis soos om te vertrou jy gaan gered word deur een of and hemelse wese as jy van ‘n hoe gebou afspring. Jy gaan nie, jy gaan jou doodval…….

anniekiewiet ·

Simpel voorbeeld. Ons sal nie onnosel dinge doen nie, maar covid inenting word op ons afgeforseer.

VaalDonkie ·

Die moeilikste deel van COVID oorleef is om ‘n dokter te vind wat al van antihistamiene gehoor het. Hulle kyk jou mos net so, skryf ‘n notatjie in daai boekie, dan seg hy “Jy moet maar huistoe gaan en wag tot jy blou in die gesig is, dan gaan vrek jy daar in die hospitaal. Betaal net gou eers R500”.

Estelle ·

Dis die verskil tussen n ware gelowige wat n persooonlike verhouding met Jesus het en n godsdienstige. As Hy my nie genees nie, is ek bereid om te sterf. Hoe se Paulus, die sterwe is wins. My lewe is in Sy hande.

Lionel ·

@Jenny – dis ongelukkig nie hoe geloof werk nie Jenny. God het die mens verstand gegee om mediese behandelinge/inentings/medisyne te vervaardig ten einde te leef en te genees. Dis die hele punt agter hoekom daar medici is. As jy kanker het, sit jy maar en wag om dood te gaan? Nee! Jy gaan vir elke moontlike behandeling wat dokters aan jou kan gee, en dan ná jy alles gedoen het en niks meer kan doen nie, dan gee jy dit oor in God se hande.

Jou redenasie wat jy probeer aanvoer is presies soos die vergelyking: jy’s nog op skool en moet eksamen skryf, maar jy het niks geleer vir die eksamen nie, maar voor die eksamen bid jy dat God jou moet kennis gee om dit te slaag. Wat het jy van jou kant af gedoen om te verwag God moet jou help?

George ·

Dit is ja, ek hoop net jy bly by dit staan as jy opgeneem moet word, of moet die hospitale dan help?

Corne123 ·

Ek haal my hoed af vir jou wat nie onder die drik swig nie. Welgedaan hoop dinge draai want ja selfs in SA gaan jy al gedwing word want nou mag mens afbetaal word as jy nie ingeent is nie belaglik verby

Jacobus ·

Djokovic is geregtig op sy standpunt. Wat elkeen van ons kennis van moet neem is dat ‘n sekere geldryke faksie hulle die mag kan toe-eien om ‘n ander faksie te kanselleer gebasseer op bedenklike swak getoetsde vaksiene. Enige feite wat die vaxers weerspreek word ook sumier gekanselleer.
Die oorheersing van die geldryke faksie druk ook hulle vooroordele af op ander aspekte van ons samelewing.
Voordat iemand weer met skuim om die mond afgaan – die feite is nie te vinde op die internet maar in die gewone media. Ongelukkig word die magsbeheptes ryklik vergoed vir hulle ondersteuning.

anniekiewiet ·

Netjiese antwoord. Ja, ongelukkig word enige navorsing oor negatiewe gevolg deur media geignoreer.

piet ·

Meer as 10,2 miljard dosisse suksesvol toegedien maar dis swak getoets. Of tel jy nie werklike inentings na die aanvanklike steekproef toetsfase (voor vrystelling) nie? Jy moet hierdie miljarde se inentings as “verdere toetse” dan sien. LOL

Anel ·

Ek haal my hoed af vir jou. As meer mense bereid is om so by hul standpunt te staan sal dit ook beter gaan in die wêreld. Dit staan wie ook al vry om hom/haar te laat spuit. Net so moet dit my, wat nie gespuit wíl word nie ook beskire wees om my standpunt te heilig. Net soos met die vieslike maskers. As daar is wat dit wil dra, doen so, as dit julle laat veilig voel. Maar moenie jou onsekerheid op my afdwing nie. Ek is nie ‘n skaap nie. En so van die os op die jas, niemand het die reg om ‘n ander persoon van lewegewende suurstof te ontneem nie. Dis een van die mees basiese regte. Sonder asem lewe niks of niemand. So na regte kan die madkers nie afgedwing word nie. So Novak, ek ondersteun jou!!!

Daleen ·

En dra dra jy hom al mor jou hoe erg daaroor ne Anel…. Want jy het nie ‘n keuse nie…..

Anel ·

Toe nie. Ek gaan nie na plekke waar ek dit moet dra nie. En dan dra ek ‘n skerm!

Andries ·

Ek stem saam met Novak. Dit moet jou eie besluit wees of jy die inenting vat of nie. Of jy nou die inenting het of nie, jy kan nog steed die virus kry en oordra in albei gevalle. Dit is nou jou saak of jy siek, baie siek, doodgaan of niks makeer a.g.v inent of nie inent nie. Ek het die inenting gekry en sit met gemoedsrus dat ek wel die mate van beskerming het. Dit was my eie besluit en niemand het my gedwing nie.

VaalDonkie ·

Ons sal meer vir jou opinietjie omgee wanneer jy een van die top atlete in die wereld is en bereid is om eerder als behalwe jou beginsels prys te gee.

Dankie, ek luister by die radio.

George ·

Mag die Here jou werklik seen VaalDonkie, my opinie is presies dit, my opinie.

Treurwilger ·

Waarom het jy so massiewe anti-Novak streep weg, George? Wat doen dit vir jou? Verander dit iets aan jou lewe of hy speel of nie?

Treurwilger ·

Novak het nié “skelm probeer inkom nie”!
Hy het mediese vrystelling gehad, dis Australië se besete politici wat hul deuntjie verander soos die politieke winde waai.

George ·

Gaan lees waar hy self erken het hy het die vorms “perongeluk” verkeerd ingevul, waar hy eers na 4 dae erken het hy het wetend met Covid19 die reels geignoreer.

Gerra ·

Well done!!! Uiteindelik n ware sportster wat opstaan vir wat reg is. Ongelukkig sal hy gestoomroller word en uitgekryt word deur die ingespuites wat nie ander se menings of keuses wil aanvaar.

George ·

Ware sportster wat gelieg het om in n land te kom om daar te speel in een van die toernooie wat hy nou kamtig opgegee het oor sy besluit.

anniekiewiet ·

Hy het nie gelieg nie en wat hy gedoen het, het hy probeer twv ander mense wat ook sport in eie reg wil doen.

anniekiewiet ·

As tannie dink hulle speel nog vir die geld, is tannie op heel die verkeerde spoor. Hy soek geensins aandag nie. Die artikel is van joernaliste wat hom gaan uitvra het.

Danny ·

Trots op EEN sportster wat opstaan vir wat hulle GLO. mag die res spoedig volg, sodat die regerings wat onnodige druk uitoefen en hul mag misbruik sal sien hulle is eerder verleë oor die sporthelde – nie anders om nie!

JohanR ·

The second Beast was given power to give breath to the image of the first Beast, so that the image could speak and cause all who refused to worship the image to be killed. 16It also forced all people, great and small, rich and poor, free and slave, to receive a mark on their right hands or on their foreheads, 17so that they could not buy or sell unless they had the Mark, which is the name of the Beast or the number of its name. 18This calls for wisdom. Let the person who has insight calculate the number of the Beast, for it is the number of a man. That number is 666 (Revelation 13:15-1

Amelia ·

Novak het beslis nog nooit gekerm nie. Hy het inderwaarheid die situasie met ongelooflike grasie hanteer.

Toy ·

Ek haal my hoed af vir Novak, ek stem ook 100 % saam met hom aangaande die inenting.

TO ·

‘n man so na my hart laat jou deur niks en niemand intimideer nie

George ·

Snaaks hoe dit nou eers se na hy uit Aus gestuur is, Franse soek hom ook nie, en Amerika ook nie, nou is dit uit eie keuse…LOL

Cobus ·

Ek is bly jy is so een met die wereld Georgie, bly maar voor hom buig, die oorblyfsel sal nie.

MakersMark ·

Presies. Onder die AVr’s is dit nou net respek…..maar toe hy op sy aansoekvorms vir Aus gelieg het……..dit wys jou maar.

gatgogga ·

Almal wat Novak so respekteer omdat hy doen wat hy wil: hoe voel julle oor die rokers, wat self besluit of hulle wil rook of nie, maar verbied word om te rook waar hulle wil?

Delia ·

Ek Wil nie verplig word om ander se rook in te asem nie. As jy ingeeent is het jy mos beskerming. So wat is die ingeentes se probleem met mense wat pro- keuse is.

VaalDonkie ·

Ek het nog nooit die rookverbod ondersteun nie. En ek het 15 jaar gelede al ophou rook

MakersMark ·

Vra eerder hoe respekvol hul voel oor die leuens in Aus……

MakersMark ·

En die leuens in Aus……..?? Respekteer dit ook ? Waardes is nie net oor vax of nie vax nie maar in elke aksie. Lyk my hier is so bietjie “play to the audience” …….

LD ·

Daar is van my familie lede wat gegaan het vir die jab, maar glo dit nou of nie hulle het nou vir die 2de keer in paar maande se tyd Covid gekry. So erg dat hulle sê hulle het nog nooit vantevore so sleg gevoel nie. Hulle het selfs hulle kindertjies aangesteek en dis die groot rede waarom hulle besluit het om die jab te kry, om hulle kinders te beskerm! Die jab is belaglik! Hoekom moet mens die jab kry as jy steeds Covid kan kry, steeds ander mense kan aansteek en steeds baie erg siek kan word en selfs kan doodgaan?

Cherokee ·

Ek verstaan nie waarom julle Djokovic so aanhang nie. Volgens die berigskrywer(s) het hy gesê hy is nie gekant teen die entstof nie en skaar hom ook nie by die sogenaamde teeninentingsbeweging nie.
As hy hom nie by ons skaar nie, is daar geen rede om hom te ondersteun nie. Hy blyk bloot rebels te wees.
Ek skaar my by die ‘sogenaamde teeninentingsbeweging’. Hy doen dit nie, so waarom hy so gekomplimenteer word, is onverstaanbaar.
Ek is gekant teen die entstof en het defnitiewe redes waarom ek daarteen is. Geloofsredes.

Mercia ·

Sy redes mag dalk nie dieselfde wees as joune of selfs ‘n meerderheid van ons wat teen hierdie “inenting” is nie……maar die noemenswaardigheid en inspirasie lê daarin dat hy standvastig in sy besluit is. Dit is ‘n karaktereienskap wat maar baíe skaars geword het in hierdie moderne tyd. Let daarop dat hy sê dat hy streng beheer uitoefen oor wat hy in sy liggaam insit…..m.a.w hy glo nie dat hierdie “inenting” goed is vir sy liggaam nie. Hy is ‘n individue wat in die publieke oog is en a.g.v sy standvastige oortuiging en optrede gee hy vir baie mense die inspirasie om by die moed van hulle oortuiging te bly.

annie ·

Dit is nie dat mense in opstand is teen hul regerings as sulks nie, hoewel baie staatshoofde so wil voel. Orals preek die so verligte leiers nuwe-wêreld-modes vir elke gier en geit maar die jab is iets ‘anders’. Dalk net voel die klein basies bedreig deur die Mag van die Grootbaas.

Carolina ·

Ons saluut jou, so ‘s goeie dag as mense nie beinvloed word deur hierdie diktators nie en jy by jou standpunt bly!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.