Nóg ʼn VSA-departement sê oor ‘laboratorium-virus’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Zhang Yuwei/Xinhua via AP)

Die Amerikaanse departement van energie beweer in ʼn opgedateerde verslag dat die koronavirus heel moontlik uit ʼn laboratorium in China afkomstig is. Die departement se standpunt het opnuut ʼn debat ontlok en afdelings van die Amerikaanse intelligensiegemeenskap nog verder hieroor verdeel.

Die departement se standpunt is vervat in ʼn opgedateerde weergawe van ʼn 2021-verslag oor die moontlike oorsprong van Covid-19, berig The Wall Street Journal.

Die jongste weergawe van die verslag beklemtoon egter hoe verskillende dele van die Amerikaanse intelligensiegemeenskap tot uiteenlopende gevolgtrekkings oor die oorsprong van die koronavirus gekom het.

Die departement van energie sluit nou aan by die Federale Buro vir Ondersoek (FBI) se standpunt dat die virus waarskynlik deur ʼn ongeluk in ʼn Chinese laboratorium versprei is. Die departement het destyds die besluit oor hoe die virus ontstaan het onbeslis gelaat.

Dit terwyl vier ander agentskappe, asook ʼn nasionale intelligensiepaneel, aanvoer dat dit waarskynlik die gevolg van natuurlike oordrag is.

Nog twee intelligensieagentskappe het tot op hede nog nie ʼn finale besluit hieroor geneem nie.

The New York Times berig dat die energiedepartement sy gevolgtrekking gemaak het op grond van nuwe intelligensie wat aan hom deurgegee is.

Mense wat die geklassifiseerde verslag gelees het sê egter dat die departement sy besluit met “min vertroue” [in intelligensie] gemaak het.

Hoewel die departement die jongste intelligensie met ander afdelings gedeel het, het geen ander afdelings hul besluit oor die oorsprong van die virus verander nie. Senior amptenare in die VSA het ook nie verder uitgebrei oor wat die intelligensie behels nie.

The Wall Street Journal sê die departement se uiteindelike besluit is betekenisvol omdat hy toesig hou oor ʼn netwerk van nasionale laboratoriums, insluitend sommige wat gevorderde biologiese navorsing doen.

Jake Sullivan, nasionale veiligheidsadviseur van die Withuis, het intussen gesê dat daar “ʼn verskeidenheid van sieninge” oor die aangeleentheid is.

“In hierdie stadium het daar nie ʼn definitiewe antwoord op hierdie vraag [waar die koronavirus vandaan kom] van die intelligensiegemeenskap gekom nie,” het hy aan CNN gesê.

Beijing het intussen ʼn beroep op die betrokkenes gedoen om “op te hou om bewerings te versprei dat die virus deur ʼn ongeluk in ʼn laboratorium versprei is met die doel om China se naam swart te smeer en die oorsprongopsporingskwessie te verpolitiseer”.

“Wetenskaplike gevolgtrekkings deur kundiges van China en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het bevind dat ʼn ongeluk wat tot ʼn laboratoriumlek gelei het nie moontlik is nie,” het Mao Ning, woordvoerder van China se ministerie van buitelandse sake, gesê.

Die WGO het vroeër onderneem om alles moontlik te doen totdat hy die antwoord kry oor hoe Covid-19 ontstaan het. Hy het ook bewerings ontken dat die WGO sy ondersoek na die saak laat vaar het.

Die wetenskaplike gemeenskap het by verskeie geleenthede gesê dat dit noodsaaklik is om die oorsprong van die pandemie te bepaal om die volgende een te voorkom of beter te beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pietertjie ·

Dit raak al moeiliker vir die waarheid om kop bo water te hou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Departement van energie lewer kommentaar oor gesondheid? Mataash sal kennis neem.

Papsak ·

Ja vra. Vir Bill Gates hy en st tjommies wweet alles want hy werk saam om dit te doen

Mrs H ·

En n werker van die laboratorium is vermoor toe hy die wereld in kennis wou stel… seker ook n ongelukkie ne?….

chris ·

Elon Musk tweet dat Dr Anthony Fauci “gain of function “navorsing by Wuhan lab befonds. het via ‘n deurgangs entiteit. Fauci het gelieg vir die Kongres en nou bevestig beide die FBI en Dep van Energie dit ook.So hy het verseker moeilikheid.

Gaitsigubib ·

Jy kan op You Tube kyk waar Rand Paul hom ondervra hieroor in die senaat. R. Paul is nie slegs in mediese dokter nie maar ook n spesialis. Ek hou nogal van R Paul. Ek beveel aan om te kyk as mens sou belang stel in die mootlike oorsprong van die virus.

Yolandie ·

Jip Rand Paul is nogal ‘n bloed hond en hy gaan agter Fauci aan. En dan ontaard dit nogal in ‘n Fauci wat sê om hom aan te val is soos om “science” self by te kom. Want hy is “science”. Nee wat die karakter moes al lankal in die tronk toegesluit gewees het en hulle moes al die sleutel weggegooi het, maar nee hy leef ‘n lewe in weelde. Ryk geword op die Amerikaanse belasting betaler se rekening.

George ·

Elon LOL, Elon wat mense regte daagliks oortree in “sy” fabrieke?

Gaitsigubib ·

Elon Musk is die ou van Tesla en Twitter. Dr Anthony Fauchi is die ou wat navorsing op Corona virusse in Sjina gefinansier het. Musk het net Fauchi se twitter files bekend gemaak. Die skywer vertel nie dat Musk n held is van enige soort nie, jou skrywe maak dus nie sin nie, maar ek is wel bly dit plaas jou in n goeie luim.

annie ·

Die New York Times is nie Sjina of Rusland goedgesind nie. Miskien kan die koerant vir ons meer vertel oor die bio-labs in Oekraïne; oor hoekom die VSA dit daar opgerig het.

Gaitsigubib ·

Dit was vir my ook interesant dat Wuhan nie die enigste plek buite die VSA was waar hulle bio-navorsing gedoen het nie. Hulle (die VSA) het gese dat hulle in antrax (diere siektes) navorsing gedoen het. Ek worder waarom was hulle dan so bang dat die lab in die Russe se hande sou val……….

Johan ·

Ek sien darem nou dat al meer state die VAX letterlik verban en dat Georgia selfs dit as bio-wapen wil klassifiseer. Mense gaan nog swaar sluk aan hul woorde.

Nommer 7 ·

Hoe kon die virus “ontsnap” het, as dit nooit bestaan het nie. Dis nou vir sommiges bygese^.

Miskruier ·

“Gain of function research” gelykstaande aan God speel.

Yolandie ·

Ou nuus julle – ou nuus. Dit was ‘n mens gemaakte pandemie – net soos die verklaring van die sogenaamde pandemie nie eers naastenby die kriteria gehad het om verklaar te word as ‘n pandemie nie. Alles om ons te beheer en te verwoes in die naam van gesondheid.

Chris ·

AFP maak maar brokkie vir brokkie bekend soos sy hanteerders hom toelaat!! Sal nog besef wat hul aangevang het waneer dit te laat is. Jammer dat die intelek, of ruggraat algeheel ontbreek by die media!!

Gaitsigubib ·

Absoluut waar Chris! Goeie ondersoekkende media wat gegrond was op integriteit en ‘n soeke na die waarheid is iets van n verlore era – n tydperk wat n mens nog gedrewe was deur jou gewete. Dit is ook seker maar n teken van die tye waarin ons nou leef en die wat dit nie wil sien nie, sal dit nooit kan sien nie.

Josua ·

Maroela het my telkemale geblok gedurende die Covid pandemie maar julle is vergewe, julle wou ook nie die waarheid hoor nie, so ek is bly julle begin ook nou jul vout agter kom en al die tipe berigte plaas. Ons het mense probeur waarsku teen die gemors maar was telkemale geblok of afgelag “conspiricy Theorists” genoem. Baie van my Familie het ook gegaan vir die spuit en ons het van hulle verloor asook van hulle het skielik siektes ontwikkel wat voorheen nie daar was nie. Gelukkig hoef ons niks meer te bewys nie want alles kom nou op die lappe uit, my vraag egter bly, die CEO’s ens wat dit so op hul werkers ens afgedwing het sal verantwoordelikheid vir hul dade moet neem want gewaarsku was julle beslis maar het steeds voort gegaan met jul “demands” wanneer word diè besighede vervolg want Suid Afrikaners het gesterf asook somige hul werk verloor en julle sit agter jul lessenare met glimlagte op jul gesig asof niks gebeur het nie en veronskuldig julself.

Gaitsigubib ·

Ek stem met alles wat jy se, maar ek sien jy aanvaar dat mense se oogklappe afgekom het? Die mag wat hierdie mensgemaakde pandemie aan mense in gesagsposisies gegee het en die hoeveelheid mense wat steeds so ywerig is om onderdanig aan enige donkere vorm van gesag (bv die ANC) te wees, laat my glo dat ons nooit ooit weer die einde van covid gaan hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.