Noord-Koreane eet nou troeteldiere weens voedseltekort

Kim Jong Oen (Foto: Korean Central News Agency/Korea News Service via AP)

Honde-eienaars in Pjongjang, die hoofstad van Noord-Korea,  word nou gedwing om hul geliefde viervoetiges prys te gee sodat honde se vleis in restaurante gebruik kan word. Dit is te midde van die dreigende voedseltekort in die land.

Die MailOnline berig die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un het in Julie aangekondig dat dit nou teen die wet is om ’n troeteldier in die land te besit.

Volgens Sky News en ʼn berig in die New York Post, het Jong-un gesê om ʼn hond te besit is ’n simbool van kapitalistiese dekadensie omdat honde meestal deur die elite en ryk inwoners besit word. Hy het opdrag gegee dat die honde uit hul eienaars se besit verwyder word.

“Die owerhede het huishoudings met honde geïdentifiseer en gedwing om hul honde prys te gee,” het ’n bron by die Suid-Koreaanse koerant The Chosun Ilbo gesê.

Honde in hokke op ‘n plaas in Suid-Korea (Foto: Mail Online)

Volgens Sky News is van die honde wat deur owerhede verwyder is, na dieretuine gestuur wat deur die staat aangewys is. “Van die honde is aan restaurante verkoop vir vleis,” sê die bron.

Luidens ʼn onlangse verslag deur die VN gaan sowat 60% van die 25,5 miljoen mense in Noord-Korea gebuk onder ʼn “wydverspreide kosskaarste”. Hierdie skaarste is vererger nadat die landgrense met China gesluit is weens Covid-19. Die internasionale sanksies wat teen die regime ingestel is weens sy kernmissielprogramme, het ook nie gehelp nie.

Noord-Korea is boonop verlede jaar swaar getref deur ’n aantal natuurrampe wat die oeste beïnvloed het, terwyl oorstromings vandeesmaand erge skade aan gewasse aangerig het, met gewasse in die belangrikste landbougebiede wat heeltemal uitgewis is. Nagenoeg 100 000 hektaar bewerkbare grond en 1 500 hektaar rysvelde is oorstroom en bykans 17 000 huise en meer as 600 openbare geboue deur die oorstromings vernietig.

“ Aangesien varkvleis en beesvleis as ’n luuksheid vir Jan Alleman in die land beskou word, gaan die bediening van hondevleis die honger bevolking in die komende maande kan help verhoed,” lui die MailOnline se berig.

Koreane eet hondevleis by ‘n plaaslike restaurant (Foto: SkyNews file photo)

Volgens Sky News word hondevleis al ʼn geruime tyd aan die Koreaanse Skiereiland en in China as ’n lekkerny beskou. Daar is tans ʼn geraamde een miljoen honde op plase wat grootgemaak word om geslag te word.

Geregte met hondevleis is steeds van die gewildste disse op die spyskaarte in restaurante in Noord-Korea.

Volgens MailOnline word hondevleis veral in die warm en vogtige somermaande geëet omdat dit glo baie voedingswaarde het wat mense se energievlakke verhoog. In die winter word dit in ʼn warm sop of bredie met groente bedien. Die Koreane glo dit help om jou liggaamstemperatuur in die koue wintermaande te verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Andre ·

Arme diere. Nou moet hulle betaal vir ‘n regering wat hulle eie lot verseel het.

JohanR ·

My gooiste die wereld is siek siek siek. Dink die wederkoms van die Here is baie naby…..en daar het jy dit…..”It is written: “As surely as I live, says the Lord, every knee will bow before Me; every tongue will confess to God.” So then, each of us will give an account of himself to God.…

Oe la la ·

Ek gaan nou seker gekruisig word en nee ek is nie vir honde eet nie… maar wie het besluit mens mag net bees of vark eet? Staan daar in die Bybel n mens mag nie honde eet nie?

Alet ·

Gaan lees Levitikus 11 vers 4 en jy sal jou antwoord kry. Dit staan duidelik in die Bybel wat jy mag eet en wat nie. Enige iets wat nie volledige gespelete hoewe het en herkou nie word as onrein dier beskou. Daarom is vark ook onrein. Hy het gesplete hoewe maar herkou nie.

Oe la la ·

Alet.. gaan lees jy ook jou Bybel,, ons is onder die nuwe verbod…

wimpie ·

@oelala
indien jy dalk n hond in die huis het gaan sit voor jou hond kyk hom stip in die gesig en vra dan weer die die vraag terwyl jy aan die gedagte dink van hoe lekker n stuk steak van jou hond sal wees en afhangende van die gevoel wat jy kry sal jy jou antwoord ook kry

Blikkantien ·

NEE!! En nogmaals nee!! Hoe uiters verskriklik vir mens en hondekind. Ek voel naar.

Connie ·

Ooo julle maak my siek. Die land is besig om mal te raak. Los die arme diere uit, hulle het ook n reg om te lewe. Gelukkig slap ons Vader nie, en julle sal rekenskap moet gee.

Nette ·

Is dit nie maar wat hulle nog altyd gedoen het nie? Die vleis word in restaurante voorgesit omdat daar ‘n voedsel tekort in die land is, genade as jy nie geld het vir kos nie, het jy seer sekerlik nie geld om te gaan uiteet nie.

Suzette ·

Is daar nie vrugte en groente nie. Jy kan seker darem ‘n broodjie eet voordat jy jou hondjie opvreet… ….

Aai ·

Maar misiele word elke dag in die lug in gestuur.Hoekom werk julle nie aan julle kos vooraad.Siek verby.

Toktokkie ·

Snert!! Jy hoef nie vleis te eet nie. Hulle kan groente en ander goed eet. Hierdie is weer een of ander politieke ploi om aandag af te trek van wat hulle regtig wil doen. Dit hou die aktiviste besig en mense word opgesweep. Soos die res van die wereld rasse spanning gebruik om regerings se geknoeiery weg te steek of hulle agenda’s te bevorder, gebruik hierdie mense nou die eet van troeteldiere. Mense moet besef wat aangaan en regerings moet besef mense is besig om agter te kom wat hulle doen. Rergerings is over-rated. Ons het dit bewys met ‘n unie wat ons voorsien van basiese behoeftes waarin die regering misluk. Hoekom het lande even regerings nodig. Mense kan hulself regeer met unies en hoef nie aan regerings se weird etieke blootgestel te word nie.

Pampoen ·

Die grootste problem is dat die mense getalle onbeheersd toeneem en eventueel alle ander organismes sal opvreet. Daar moet ‘n kultuur verskuiwing plaasvind reg oor die wêreld om die getalle van mense minder te maak. Eerste ding wat moet verander is die reg om enige aantal kinders te hê.

Mariana ·

Hele wêreld is siek. En met daai mannetjie aan die stuur kan dinge net erger raak. Regerings dink hulle kan maak en breek ten koste van die inwoners. Kyk maar net hoe lyk dit hier in ons eie land. Als word vernietig en net die korruptes bly staan. En ja hoekom in restaurant eet as kos dan nou so skaars is. Mense moet vir hulself begin opstaan teen hierdie diktators. Nie net een nie maar almal.

Plaaskind ·

As gras en water koeie aan die lewe kan hou en nog spekvet maak ook – is dit seker nie nodig om die arme diere te eet nie. Vreet groente, blare en gras!!!!

Botterblommetjie ·

Ek kan my nie indink hoe voel die eienaars nie… as ek na my bederfies by die huis kyk dan huil my hart sag… soveel hartseer al in die lewe… Mag Vader-God ingryp en liewer als vernietig as die wrede behandeling. Ek sou my woefels liewers maar doodgemaak het (al sou my hart skeur) as om hulle te laat gaan en ek sit en stress heeltyd met die wete hulle gaan vermoor word… (en ek weet nie eens hoe nie)…

Nienie ·

Siek verby! As jy jou eie troeteldier kan eet kan jy jou eie familie eet! NEE! En hoe kan jy met ‘n voedseltekort bekostig om nog te gaan uiteet?

Piet ·

Ek het geen probleem dat hond geeet word in tye van kosskaarste nie. As dit al is wat jy kan bekostig of wat beskikbaar is hoekom nie?

Niklaas ·

En katte is natuurlik volgende as al die honde weg is of gaan hul begin invoer ? Dis darem erg siek . Ek dink ook dat dit al geruime tyd daar gebeur dat honde en katte in die pot beland.

Oe la la ·

Nou sit ek en wonder of verskillende honde anders smaak… smaak n pitbull lekkerder as n Jackrussel?

donsie ·

NEE NEE NEE, Ek lei eerder self honger voordat ek my maatjie moet eet, dies man, mag julle almal maagaandoenings kry

Janee ·

Dis wat gebeur as jy n tiran en malletjie in beheer van die land het…..Zim het lankal hul olifante en ander wild vankant gemaak en soos die moorde op ons boere aangaan is ons volgende….

Piet ·

Ek het betroubaar verneem die smaak is iewers tussen bees en skaap. Klink eksoties.

Niklaas ·

Dis ‘n aaklige plan wat daai mense het. Maar as ek sukkel om te slaap weens my buurman se hond wat knaend blaf sal ek dalks weer anders begin dink daaroor…..(grappie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.