Oekraïne, Rusland beskuldig mekaar oor ontploffings by kernkragaanleg

Zaporizhzhia-kernkragaanleg (Foto: Ralf1969, eie werk via Wikimedia Commons)

Oekraïne en Rusland het Sondag mekaar beskuldig van ontploffings Saterdag en Sondag naby die Zaporizhzhia-kernkragaanleg in suidelike Oekraïne wat onder Rusland se beheer is.

Die Verenigde Nasies se kernkrag-waghond het ʼn span kenners by die aanleg – die grootste kernkragaanleg in Europa.

Kiëf “hou nie op met sy uitlokking om ʼn bedreiging van ʼn mensgemaakte katastrofe te skep by die kernkragaanleg nie”, het die Russiese weermag Sondag in ʼn verklaring gesê.

Ondanks die ontploffings is uitstralingsvlakke “steeds normaal”, het die weermag bygevoeg.

Aldus die verklaring het missiele naby ʼn kraglyn ontplof wat elektrisiteit aan die aanleg verskaf.

Renat Karchaa, ʼn raadgewer by die Russiese kernkragagentskap Rosatom, het aan die staatsbeheerde TASS gesê die “spesiale gebou” bevat kernkragbrandstof.

Energoatom, Oekraïne se kernkragagentskap, het kort daarna gesê Rusland is verantwoordelik vir die ontploffings.

“Vanoggend, 20 November 2022, is minstens 12 trefslae aangeteken in die gebied van die Zaporizhzhia-kernkragaanleg weens Rusland se ontploffings,” het Energoatom gesê.

Die agentskap het Rusland daarvan beskuldig dat die land “weereens die hele wêreld in gevaar plaas”.

“Die nuus is uiters kommerwekkend. Ontploffings op die perseel van hierdie groot kernkragaanleg is absoluut onaanvaarbaar,” het Rafael Grossi, hoof van die VN se kernkrag-waghond, in ʼn verklaring gesê.

Hy sê skade aan geboue, stelsels en toerusting wat tot dusver aangemeld is, is nie “krities” nie.

“Die ontploffings bring ʼn periode van relatiewe vrede by die fasiliteit tot ʼn einde. Dit benadruk die dringende behoefte aan maatreëls om ʼn kernkragongeluk daar te voorkom,” het Grossi bygevoeg.

Moskou en Kiëf beskuldig mekaar al maande lank oor ontploffings naby die aanleg. Dit het gelei tot vrese vir ʼn kernkragramp en versoeke dat gebiede rondom kernkragaanlegte in Oekraïne gedemilitariseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Kiev raak nou desperaat, en roekeloos. Hulle moet dit maar oorweeg om met Rusland te begin onderhandel, as hul westerse meesters hul gaan toelaat, bygesê..

Republikein in die Wes Kaap ·

Die westerse meesters gee nie ‘n pennie om wat met Okraïne gebeur nie.

Koos 100 ·

In 1944 het Amerika ook neutraal gestaan totdat hulle deur Japan aangeval was.
As enige ander land betrokke raak sal Noord Korea dit as ‘n geleendheid sien om sy kern wapens te gebruik. Putin weet dit ook baie goed, daarom gaan hy ongestoord voort met se beleg.

Gaitsigubib ·

Nou maar dit is presies waarom ander lande nie moet betrokke raak nie, jou opvatting oor Korea is akuraat. Jy is egter teen onderhandelinge. Wat stel jy dan eintlik voor?

JohanR ·

Hoekom moet Kiev met Rusland onderhandel? Rusland het eers Oekraine ingeval en gedink in 7 dae gaan die alles verby wees. Nou weet Putler nie hoe om die oorlog ten einde te bring sonder om soos ‘n totale dwaas te lyk nie.

Gaitsigubib ·

Want as hulle nie onderhandel nie gaan jy dalk gewoont moet raak aan radioisotope vir breakfast, middag en aandete. Die Oekraiene beteken in elk geval militer niks nie, die geveg is eintlik teen Nato. Hoe dit gaan eindig is nie baie mooi nie en as mens dit nie kan sien nie……….

Kobie ·

Johan, as iemand geweldadig by jou huis inbreek en jou lewe verwoes. Gaan jy ‘onderhandel’ of gaan jy alles in jou vermoë doen om hulle uit te dryf en jou familie en besitings te beskerm?

Koos 100 ·

Waaatttt? Rusland val Oekraïene in. Begin ‘n oorlog en dan moet Oekraïene met hulle onderhandel? Watter lande het met Hitler onderhandel?

Republikein in die Wes Kaap ·

Elke oorlog/konflik se laaste hoofstuk eindig met onderhandelings. Maar ons is vêr van dit af. Ons is nog vroeg in hierdie boek.

Gaitsigubib ·

Nadat Hitler begin terugval het in die Weste en aan die Ooste wou hy onderhandel maar dit was n nuttelose wens. Die beste boek wat mens kan lees wat hierdie periode mooi beskryf is “the forgotten soldier”. As mens nie omgee dat dit vertel is deur n duitse soldaat, maak dit n aangrypende verhaal. As Duitsland ‘n kern moontheid was sou ons dalk vandag nog moes leef met die gevolge daarvan. Ek dink mense gaan aanhou stry oor wie eintlik reg is en wie verkeerd is, totdat dit te laat is. As dit so gaan wees moet jy solank vir jou n tinfoil hoed begin maak.

Gaitsigubib ·

n Vuilbom het ‘n lae kernlading, maar is nietemin ‘n kernbom. Die koerant het beweer dat hulle so bom wou laat ontplof oor Chernobyl omdat die area in ‘n groot mate reeds ontruim is. Dan wou hierdie groep Rusland beskuldig en sodoende Nato ingryping waarborg. Niemand kan met sekerheid se wat die waarheid is nie, maar die situasie is uiteraard gespanne.

Gaitsigubib ·

Hierdie skrywe hou eintlik verband met my vorige skrywe, wat nou verwyder is, so mense sal geen clue he waarvan ek praat nie, maar maak nou maar soos julle wil.

Murray ·

Die aggressor is Rusland en hulle is die skuldiges. Niemand het hulle gevra om Ukraine binne te val nie

andre ·

Gann lees n bietjie oor die Minsk ooreenkoms so 8 jaar terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.