Olifante maak amok in suide van China

Die trop olifante wei in landerye in die Jinning-streek van Kunming in die Yunnan-provinsie. (Foto: AP)

ʼn Alleenloper olifant wat die afgelope maand die suide van China op hol gehad het, is gevang en teruggestuur na ʼn wildreservaat in die gebied.

Die olifant was aanvanklik deel van ʼn trop Asiese olifante wat meer as 500 km van ʼn natuurreservaat in China migreer het. Die trop het sy reis in Maart verlede jaar, tydens die Chinese lente, begin en sedertdien winkels geplunder, miljoene rande se gewasse vernietig en duisende inwoners uit hul huise gejaag.

Die trop van ongeveer 17 olifante is steeds op vrye voet en sedertdien gewaar terwyl hulle bad in ʼn waterkanaal, water uit ʼn kraan drink en in die bos slaap.

Dié migrasie het wetenskaplikes verwar en inwoners van China se verbeelding aangegryp, wat hul tog ywerig op sosiale media gevolg het.

Nog ʼn foto van die trop olifante in die Yunnan-provinsie in die suidweste van China. Foto: / AFP)

Die tienjarige alleenloper het sowat ʼn maand gelede van dié trop afgedwaal en is Woensdag verdoof en na die Xishuangbanna- nasionale natuurreservaat teruggeneem. Die bul weeg is 1,8 ton.

Dit is nie duidelik hoe hy die 530 km terug na die reservaat vervoer is nie.

Dit is nie ongewoon vir jong olifantbulle om hul ma’s se trop te verlaat om op hul eie of saam met ander bulle te wei totdat hulle seksuele volwassenheid bereik het nie.

Wetenskaplikes krap steeds kop oor die rede waarom die olifante hul tuiste op die grens tussen Myanmar en Laos verlaat en só ver geloop het. “Dit is waarskynlik weens ʼn gebrek aan kos, water en skuiling,” het Joshua Plotnik, ʼn kenner in olifantsielkunde, aan BBC gesê.

Die getal wilde olifante in China het die afgelope 30 jaar amper verdubbel tot 300 olifante, maar hul habitat word al kleiner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andrew ·

Toe ek nege was, het my pa my eerste tand met n pyptang getrek. Maar, gelukkig het daar toe weer n tand gekom?

Lyk my olifante het meer regte as mense wat nie saam die chinese party stem nie.

christo ·

Die hervestigte olifant het dalk chop suey elephant geword !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.