Oorsaak van ‘Godfather’-akteur se dood bekend

James Caan tydens die 50 jaar herdenkingsviering van “The Godfather” in Februarie vanjaar. (Foto: Jon Kopaloff/Getty Images/AFP)

James Caan, die akteur van The Godfather-faam, is weens ’n kombinasie van ernstige hartprobleme dood, het sy doodsertifikaat bevestig.

Die Amerikaanse nuusblad TMZ wat die doodsertifikaat onder oë gehad het, berig dat Caan aan ’n hartaanval en koronêre hartsiekte (die mees algemene hartsiekte in die VSA) dood is.

Die doodsertifikaat dui aan dat Caan ook aan ʼn chroniese obstruktiewe longsiekte en hartversaking gely het.

Maroela Media het berig dat Caan, wat veral bekend was vir sy rol as Sonny Corleone in The Godfather, op 6 Julie in die ouderdom van 82 dood is.

Caan wat ook rolle in MiseryThief en Rollerball gehad het, het ʼn Oscar-benoeming ontvang vir sy tragiese uitbeelding van ʼn Mafia-gesin se oudste seun in Francis Ford Coppola se klassieke rolprent van 1972, The Godfather.

Caan is in die Ronald Reagan UCLA- mediese sentrum in Los Angeles dood en is intussen in die Eden Memorial Park in Kalifornië begrawe – die finale rusplek van menige Hollywood-bekende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pyl ·

Hy was voorwaar een van die beste akteurs ooit. Gaan sy werk mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.