Oudste tweeling vier 103de verjaardag

Paulus (links) en Pieter Langerock van België Foto: StLuciaNewsOnline

Paulus (links) en Pieter Langerock van België Foto: StLuciaNewsOnline

Die wêreld se oudste lewende tweeling, Pieter en Paulus Langerock van België, het pas 103 jaar oud geword.

Die broers is nooit getroud nie en hulle het die grootste deel van hul saamgewoon. Hulle spandeer selde tyd weg van mekaar en hulle deel ʼn kamer by ʼn versorgingsoord buite Gent.

Die twee het gesê hulle is soms spyt hulle het nooit kinders of kleinkinders gehad nie, maar hulle is mekaar se beste vriende.

Hulle verkies om Frans te praat en om as Pierre en Paul aangespreek te word.

Die oudste tweeling was Glen en Dale Moyer van Amerika. Hulle het albei 105 jaar oud geword.

Lees meer: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Eliza-beth ·

Aitsa, geniet twee oupas ‘n glasie lekker rooies! Dis wat mens jonk hou ne!

Marelize ·

Ek dink weer dis die wyn en die feit dat hulle nooit getrou het nie lol!

Cherokee ·

Glasie rooies sê jy Elize, ek is op hierdie oomblik besig om my jeugdigheid in stand te hou :-)

Nico ·

Marelize, jy is heeltemaal reg! As hulle getroud was, was hulle waarskynlik al veertig jaar terug dood!

Piet Snot ·

As hulle nie gedrink het nie, was hulle teen dié tyd al 120!

Eliza-beth ·

Marelize – dis mos wat ek gesê het: “glasie lekker rooies”! Ek dink dis wonderlik dat hulle nog so op en wakker lyk!

Eendjie ·

Vanpaste van wat hulle het. Ek wonder of die feit dat hulle nooit getroud was nie deel is van die geheim.

Wenner ·

Deksels! Die twee lyk regtig nie so oud nie! Ek dink ook die feit dat hul nooit getrou het en kinders gehad het nie, het met die jeugdige voorkoms te doen

plaasjapie ·

Hulle hare is wit van ouderdom…nie van vrouens nie hehe. ‘Hoop nie myne die een lees nie’

Tj ·

Dis wonderlik om so ouderom te bereik . Dis net grenade van BO . Ek myself bereik n goeie ouderom baie gesond ek drink elke a and met ete n Klein gladsie rooiwyn . En doen nog met gemak “pusups Ek daag baie jongmanne uit

Nico ·

Klink of al die kommentatore ernstige bedenkinge het oor die uitwerking van getroud wees op lank lewe!

Joann ·

Dit wil gedoen wees. Kan wees omdat hul ongehude status het. He he he

Retha ·

En hulle het die grootste deel van hul lewe saamgewoon…… Word die berigte nie nagegaan voor publikasie????

Pieter ·

Retha, gaan kyk gerus eers in HAT wat die twee betekenisse van “saamwoon” is, voordat jy weer jou onkunde so negatief uitspel! Baie geluk aan hierdie twee jonges van dae en van gees – mag hulle nog vele lewensvreugde saam geniet!

Karma ·

Nee, o blikskottel, SO oud wil ek nie word nie – ek het nog nie die vyf nul gehaal nie, maar wil dit ook nie haal nie – nie met al my pyne en skete nie ……..

E.K. ·

Karma, drink elke aand ‘n glasie rooies dan vergeet jy van alle pyne en skete!

pop ·

LOL So almal is dit eens, Dis die vrouens wat mans klaarmaak. Daai glas rooies is die antwoord. Ek het glad nie gedrink nie en toe se my dr. ek moet elke aand n glas droe rooi drink. nie meer nie want dans dit sleg vir jou. Moes dit gewoond raak want aan die begin was dit vrek sleg, maar boeta, nou geniet ek dit en soms sommer paar glase.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.