Perske-pigment is kleur van die jaar

Die kleur “Peach Fuzz” is aangewys as Pantone se kleur van die jaar vir 2024.

Die Pantone-kleurinstituut het pas sy kleur van die jaar vir 2024 aangekondig as ʼn ligte, romerige oranjekleur, genaamd “Peach Fuzz”.

Dié sagte perske-pigment staan in skerp teenstelling met die helder pienkpers, genaamd “Viva Magenta”, wat verlede jaar Pantone se kleurkroon vir 2023 gedra het.

Leatrice Eiseman, uitvoerende hoof van Pantone, sê verlede jaar was die keuse van die kleur van die jaar ʼn maklike een, met Barbie (of sogenaamde Barbiecore) wat bykans die wêreld oorgeneem het.

Vanjaar moes dié kleur egter plek maak vir ʼn kleur wat vrede, kalmheid en warmte weerspieël, sê Eiseman.

“PANTONE 13-1023 Peach Fuzz inspireer herkalibrasie en skep ʼn gel0eentheid vir koestering. Ons kan vrede uit die kleur put, wat ʼn invloed op ons welstand het,” sê Eiseman.

Verbruikers wêreldwyd sal glo in 2024 die perskekleur in handelsmerke se produkte, insluitend selfone en grimering, opmerk.

“Die kleur is een wat warmte en ʼn verwelkomende omhelsing oordra met ʼn boodskap van meegevoel. Die kleur se snoesigheid bring mense byeen en verryk die siel.”

Dit is die 25ste jaar wat die Pantone-kleurinstituut die kleur van die jaar aanwys. Cerulean Blue was in 1999 die heel eerste kleur van die jaar.

Pantone 2024 Color of the Year: Peach Fuzz 13-1023

Introducing Pantone Color of the Year 2024: PANTONE 13-1023 Peach Fuzz.A velvety gentle peach whose all-embracing spirit enriches mind, body, and heart.A warm and cozy shade highlighting our desire for togetherness with others and the feelings this creates, PANTONE 13-1023 Peach Fuzz presents a fresh approach to a new softness. Subtly sensual, PANTONE 13-1023 Peach Fuzz is a heartfelt peach hue bringing a feeling of tenderness and communicating a message of caring and sharing, community and collaboration.Highly suggestive of good taste, PANTONE 13-1023 Peach Fuzz is a gift to the senses, creating a symbiotic relationship between our sense of taste, sight, touch, and scent.Immerse yourself in the PANTONE 13-1023 Peach Fuzz digital experience: https://www.pantone.com/color-of-the-year/2024?utm_source=facebook&utm_medium=social&utm_campaign=Dec+7&utm_content=color+of+the+year+2024+launch

Posted by Pantone on Thursday, December 7, 2023

Bykomende bronne: Washington Post, USA Today.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hussin ·

Nou kan Mamma weer daardie perske nommertjie wat sy na boetie se troue gedra het weer uit die kas haal ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.