Pfizer toets derde dosis om SA-variant te teiken

(Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Pfizer en BioNTech het Donderdag gesê hulle ondersoek die moontlikheid om ʼn derde dosis tot hul entstof-regime by te voeg en ʼn nuwe weergawe te toets wat die Suid-Afrikaanse variant van die koronavirus sal teiken.

Terwyl lande wêreldwyd spook om burgers in te ent, is daar kommer dat meer oordraagbare variante, soos dié wat in Suid-Afrika en Engeland opgemerk is, meer weerstandig kan wees teen bestaande entstof.

Die Amerikaanse en Duitse farmaseutiese maatskappye het gesê hulle ondersoek wat gebeur wanneer mense ʼn derde dosis van hul dubbel-inenting-entstof ontvang, sowat ses tot 12 maande ná die hupstoot-entstof.

Hulle het in ʼn verklaring gesê hulle is ook in gesprek met reguleerders om ʼn gewysigde weergawe van die oorspronklike inenting te toets wat spesifiek die Suid-Afrikaanse variant, bekend as B.1.351 sal teiken.

“Ons doen verskeie stappe om beslissend op te tree en gereed te staan sodra ʼn variant weerstandig word teen die beskerming wat die entstof bied,” het dr. Albert Bourla, uitvoerende hoof van Pfizer, in ʼn verklaring gesê.

Die Suid-Afrikaanse variant word beskou as ʼn meer gevaarlike variant van huidige mutasies omdat dit die blok-aksie van teenliggaampies, wat die ouer koronavirus-variant teiken, omseil. Dit beteken dat mense, wat die klassieke variant opgedoen het, meer vatbaar is om weer die virus op te doen en navorsing wys die variant het gedeeltelik die beskerming van die huidige generasie entstof verminder.

Moderna, die ander maatskappy wie se entstof vir noodgebruik in Amerika goedgekeur is, het Woensdag gesê dosisse van sy nuwe Covid-19-entstof, wat die Suid-Afrikaanse variant teiken, is na die Amerikaanse nasionale instituut vir gesondheid gestuur vir toetse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Lekker man lekker. 3de dosis beteken nog meer wins.
Covid – the gift that keeps on giving.

Jan ·

Covid is die grootste gedmaakfoefie wat die wêreld nog getref het. Dit was nog altyd so met griepinentings, nou net veel erger: teen die tyd dat een entstof gereed is het die virus al na sy volgende variant of ‘n tweede gemuteer.

Francois Le Cochon ·

Jan, jy is doodreg. Alles wat te koop is in elke winkel, is net ‘n geldmaak foefie. ‘n Mens noem dit handel dryf. As die ontwikkeling van enige entstof biljoene kos, moet die kostes plus wins mos terug gewin word. Sal jy R1000 se hout koop, ‘n meubelstuk maak, en dit vir minder as R1000 verkoop?

Wonder net ·

Jan, jy het seker nog nie self die #geldmaakfoefievirus gehad nie? Of iemand na aan jou aan die dood afgestaan as gevolg van dit nie? Of jou man of vrou in die hospitaal gehad en gevrees vir die ergste nie? Nie jou 10 jarige dogtertjie gesien huil oor haar pappa na sy 10de dag in isolasie in die hospitaal opgeneem is nie? Vir 10 dae kon sy nie haar gunsteling persoon in die wereld vashou nie? Toe volg die volgende 3 weke van in die hospitaal aan suurstof, en dieselfde vraag elke dag as ek haar by die skool gaan optel: is my pappa nog ok? Die vrees en onsekerheid in n stel potblou ogies as sy wag vir my antwoord nadat sy sien ek het gehuil. So ja. Pas jouself maar op van die #geldmaakfoefievirus. Want kom ek jou n ding vertel… geld kos dit baie ja, maar ek sou alles betaal net om my man ter wille van my en my kinders by die huis te kry.

Francois Le Cochon ·

Wonder Net, jy probeer verniet. Begrip is nie almal beskore nie.

Dirk Mostert ·

Daar gaan altyd mense dood, byna ‘n miljoen jaarliks in S.A. en meer as 100 miljoen wereldwyd, van ‘n verskeidenheid oorsake. Die afgelope jaar het ‘n deeltjie van die sterftes net ‘n nuwe etiket gekry. Griep, met identiese simptome, het verdwyn.

Dirk Mostert ·

En so kan inentings ad infinitum voortgaan sonder om hond haaraf te maak, aangesien dit altyd ‘n stap agter die volgende mutasie is.

Anti-Verkramp ·

Dis wat jy nie verstaan nie. Deur so gou as moontlik nou te vaksineer, verminder jy die kans op mutasies in die toekoms. Hoekom pla dit jou in elk geval, jy neem mos nie die entstowwe nie?

Dirk Mostert ·

Hoe verminder vaksinering toekomstige mutasies? Kry asb. ‘n Pfizer-enting.

Thom ·

Jy mors jou tyd _____. Dirk wil graag ‘n potesiële draer bly en ander mense se lewens on gevaar stel ; dit laat hpm sterk voel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.