Politikus kap na Biden oor Djokovic

Serwië se Novak Djokovic vier sy oorwinning (10 Julie 2022) (Foto: Sebastien Bozon/AFP)

Novak Djokovic en Rafael Nadal is tans in ’n verbete stryd gewikkel om te kyk wie met die meeste Grand Slam-titels gaan eindig.

Djokovic het verlede Sondag die 21ste groot titel van sy loopbaan ingeoes nadat hy met Nick Kyrgios in die Wimbledon-eindstryd afgereken het.

Tog beteken sy inentingstatus dat hy waarskynlik nie toegelaat sal word om by volgende maand se Amerikaanse Ope in New York af te slaan nie.

Streng toelatingsmaatreëls vereis dat nie-landsburgers teen Covid-19 ingeënt moet wees om toegang tot die VSA te verkry.

“Soos wat dinge tans lyk, sal ek nie toegelaat word om in die VSA te speel nie. Ek hoop natuurlik vir ’n brokkie goeie nuus, maar daar is nie meer baie tyd oor nie,” het Djokovic ná sy Wimbledon-triomf aan ’n Serwiese mediahuis gesê.

Intussen het Drew Springer, ’n Amerikaanse politkus uit Texas, vir die tennisspeler in die bres getree en op sosiale media na pres. Joe Biden gekap.

“Biden verbied Novak Djokovic om na die VSA te reis om aan die Amerikaanse Ope deel te neem, maar laat toe dat miljoene oningeënte en onwettige immigrante die grens oorsteek,” het die senaatlid op Twitter gedeel.

“Haai, Joe, sal nog een oningeënte persoon so ’n groot verskil maak?”

John McEnroe, die voormalige Amerikaanse tennisster, het ook vroeër Djokovic se moontlike afwesigheid veroordeel.

“Kom ons wees eerlik: Politici meng hopeloos te veel in. Gee hom die groen lig om in die VSA te speel, want hierdie kwessie raak nou belaglik. Ongeag wat jy dink die regering moet doen of nie moet doen nie; soos wat dinge tans staan, ly tennis hieronder,” het McEnroe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

domheks ·

Klink na ons eie regering, sekere goed net vir sekere mense….

Johanncb ·

Mnr Biden tree reg op. Onwettige immigrante is bitter moeilik om te beheer. Hy kan wel wettige besoekers beheer.

Toy ·

Hy het die border oop gemaak vir immigrante wat van oorals insluip, hy tree nie reg op nie. Die meeste van die immigrante gaan verseker nie inge-ent wees nie.

Mariana ·

Ek dink ook hy moet toegelaat word. Dis nie asof hy na ‘n partytjie toe gaan nie, hy gaan tennus speel. Biden moet mooi dink of wie neem sy besluite?

Lood ·

Dis maar tipies wat mens kan verwag van oningeligde mense soos Biden. Besef hy nog steeds nie dat die sg. entstof nutteloos is en geen verskil maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.