Pres. Trump se ‘gedigte’ gebundel

Donald Trump se twiets is in gedigte saamgevat. (Foto: Iwoot)

Wonder jy wat om vir vriende en familie vir Kersfees te koop? Pres. Donald Trump van die VSA se wyshede is in die vorm van gedigte in ’n boek saamgevat: The Beautiful Poetry of Donald Trump.

Rob Sears, ʼn Britse fiksie- en komedieskrywer, het deur Trump se twiets en openbare stellings van die afgelope 30 jaar gewerk en die georden. Só het hy ʼn “skatkis van pragtig verse” ontdek, volgens ʼn beskrywing van die boek.

Politieke ontleders en kritici skeer gereeld gek met Trump se uitlatings op sosiale media. Sommige het selfs al gesê Trump skryf soos “ʼn gr.3-leerder sonder ʼn woordeskat”.

“Hierdie innoverende versameling gee lesers ʼn blik op Trump se diepste gedagtes en oortuigings oor ʼn hele reeks onderwerpe en ontbloot ʼn hele nuwe kant van Trump wat tot dusver verborge was,” luidens die beskrywing.

Sears het aan die Britse koerant The Guardian gesê Trump se uitlatings verleen hulle tot poësie. “Hy praat in baie kompakte frases met min woorde, wat jou baie vertel van wie hy is. Dit is nie so ver verwyderd van poësie nie,” sê Sears.

Die boek is ook op die Sunday Times se lys van beste verkopers, al is dit in die no. 1174-posisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DG ·

Ek wonder of dit nou weer ‘n verkleinerende poging is teen Trump? eish

Feite ·

Kom ons kyk na die feite. Donald Trump is n digter en n uitstekende besigheidsman en hy is dit alles, maar hy is nie n goeie president nie, omrede goeie presidente hulself nie skuldig maak aan fopnuus deur die feite te verdraai sodat dit slegs hulle eie beursie en beeld poets nie! Trump ly duidelik aan n kombinasie van liegsiekte en n meerderwaardigheids kompleks wat aanleiding gee tot magmisbruik en dit tesame met n fopkuif wat hom seersekerlik hinder. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek veroordeel Trump nie as mens nie, ek veroordeel Trump se dade van die waarheid te verdraai en fopnuus te versprei en wat heel moontlik gaan neerkom op verraad teen sy eie land se mense en die se demokratiese bestel!

Stoffel ·

“Feite“ word verdraai en as die “Feite“ lank genoeg oorvertel en oordink word as die waarheid, glo iemand uiteindelik sy eie “Feite“

JohanR ·

Nou wag ons vir die bundel “The Beautiful Poetry of Jacob Zuma”. Ekskuus, jammer…..ek het nou net van my stoel af geval van die lag!!

Feite ·

Die feite is dat Trump n fopkuif het, dat hy sy sinne soos n digter uiter en dat die bewyse vir “impeachment” daarop dui dat Trump nie n goeie president is nie, maar n goeie besigheidsman en n uitstekende “conartist” wie homself daaraan skuldig maak om alle bewyse teen homself, as fopnuus af te maak. Die feite is dat almal vir Trump hof toe sleep vir oortredings en dat Trump geen een van almal wat hom beskuldig van oortredings hof toe sleep vir naamskending nie. Wanneer die waarheid nie aan jou kant is nie dan blaas, dreig en raas jy, maar nooit ooit waag jy dit om iemand hof toe te vat en jou naam in ere te herstel nie, want jy is bang vir die waarheid net soos in die geval van Trump! As daar nou ooit iemand was wie bang is dat die waarheid gaan uitkom in n hof, dan is dit die huidige president van Amerika, byname Donald Trump!

Zumie ·

Beste “Feite”
gaan maak seker van jou feite en moenie dink dat die middelstroom media noodwendig enigiets met feite te doen het nie…vind jou skuilnaam heel ironies…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.