Prins Charles toets weer positief vir Covid-19

DIe paleis wou nie sê of koningin Elizabeth II ook positief vir Covid-19 getoets het nie. (Foto: Paul Edwards/AFP)

Prins Charles, oudste seun en troonopvolger van koningin Elizabeth II, is in isolasie nadat hy vir ʼn tweede keer positief vir Covid-19 getoets het.

“Die prins van Wallis het positief getoets vir Covid-19 en is in self-isolasie,” het ʼn boodskap op die prins se amptelike Twitter-blad gelui.

Luidens Britse mediaberigte het die prins die koningin in Windsor ontmoet twee dae voor hy positief getoets het. Die 95-jarige monarg toon tans geen simptome nie, het ʼn ongenoemde paleisbron aan die plaaslike persvereniging gesê.

Buckingham-paleis wou ook nie sê of die koningin positief of negatief vir die virus getoets het nie.

Die paleis het verlede jaar onder kritiek deurgeloop oor ʼn gebrek aan deursigtigheid, voordat daar bevestig is dat die koningin ʼn nag in die hospitaal deurgebring het vir “voorlopige” toetse waarvan die spesifieke aard nooit bekend gemaak is nie.

Charles sou Donderdag ʼn standbeeld in Winchester in die suide van die land onthul, maar sy teenwoordigheid is op die nippertjie gekanselleer. Hy was “diep teleurgesteld”, het Clarence House gesê.

Weens haar ouderdom isoleer die koningin haarself sedert die uitbreking van die pandemie in 2020 in haar eie sogenaamde borrel by Windsor-kasteel, wes van Londen. Onlangse gesondheidsprobleme het haar ook gedwing om op mediese advies haar amptelike bedrywighede af te skaal.

Haar dagboek is egter besig om weer vinnig vol te raak, terwyl ʼn jaar van feesviering om haar 70ste jaar op die Britse troon te vier, afgeskop het.

Prins Charles het vir ‘n tweede keer positief getoets vir Covid-19. (Argieffoto: Petros Giannakouris/AP)

Die 72-jarige prins Charles het in Maart 2020 die eerste keer positief getoets en was ʼn week in isolasie op die koningin se Balmoral-landgoed in Skotland.

Hy het Woensdag verskeie mense tydens ʼn onthaal by die British Museum ontmoet, wat ingesluit het die minister van finansies, Rishi Sunak, en sy eweknie by binnelandse sake, Priti Patel.

Volgens sy kantoor is die prins se tweede ronde infeksie na ʼn roetinetoets ontdek. Hy en die koningin is reeds ten volle teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Robert ·

Kry dit gereeld… maar gaan toets nie elke keer as ek nies nie… ;-)

LIEZL ·

:) Jy’t seker maar ook die siekte…haha. Dit is wat dit is, griep, verkoue

Lionel ·

@LIEZL – van lekker lag, kom lekker huil. Covid is beslis nie griep/verkoue nie. Hoop maar eerder dit kruis nooit jou pad nie, want jy sal jou woorde swaar sluk

Thom ·

Die 5,8 m mense wat reeds oorlede is aan die ” verkoue ” se naasbestaandes sal met jou verskil .

Adriaan ·

Charles is so onbelangrik dat n storie met die opskrif dat hy convid het nie eens sy eie foto wys nie maar van sy ma :-))

VaalDonkie ·

Sterkte aan die ou. Maar hy het mos al die ding oorleef.

Willempie ·

En ek toets negatief…..elke keer as ek berigte van die paleis en sy inwoners sien.

annie ·

… laat weet tog sodra dit beter gaan. Ek begin dadelik vas… Wat as Camilla nie die koningin van Brittanje sal kan word nie? Ondenkbaar.

Riaan ·

En hier was ek onder die indruk die vaccine is so doeltreffend

Thom ·

Ek het weer iewers gelees dat natuurlike immuniteit so wonderlik is ; hy het dit dan definitief al gehad !? Maar is nie definitief ingeëent nie !?

Marius ·

Ten volle ingeënt en hul kry nog steeds covid ? Hmmmm…..

Anoniem ·

Korrek, die inenting keer nie dat jy Covid opdoen nie, maar dat jy nie ernstig siek word nie. Dis soos om malaria tablette te neem wanneer jy ‘n hoë risiko plek besoek, of om daagliks jou bloeddruk, anti-depressant, cholestrol pil te neem, alles voorkomend dat die siekte jou nie gaan onderkry nie.

Anton ·

Nadat Diana hom onder sy gat geskop het, soek hy voordurend na iets positief in sy lewe. Wat ‘n vermorsing van invloed. Dink net wat kon hy vermag het maar nou beskou elke regdenkende mens hom as irrelevant

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.