Prins William wys sy kroos

Prins William, prins Louis, prinses Charlotte en prins George. (Foto: Instagram)

Prins William en Kate, die hertog en hertogin van Cambridge, het Sondag ’n nuwe foto van die prins en die egpaar se drie kinders vrygestel ter herdenking van Vadersdag.

“Ons wens vandag pa’s en oupas wêreldwyd ’n gelukkige Vadersdag toe!” lui die koninklike egpaar se inskrywing op sosiale media.

Prins William, prins George (8), prins Louis (4) en prinses Charlotte (7) lag al te lekker in die foto wat vroeër tydens ’n gesinsvakansie in Jordanië geneem is, berig BBC.

Die Cambridge‑gesin het verlede jaar ’n soortgelyke foto vir hul amptelike Kerskaartjie gebruik.

Kate het as kind vir drie jaar in Jordanië gewoon toe haar pa vir British Airways in Amman gewerk het.

Die gesin se vorige amptelike Kerskaartjie. (Foto: Kensington-paleis)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.