Prinses Diana se broerskind wys haar SA troufoto’s

Lady Amelia Spencer en die Suid-Afrikaner, Greg Mallett, het in Maart vanjaar in Stellenbosch getrou. (Foto: Lady Amelia Spencer/Instagram)

’n Tikkie koninklikheid het in Maart vanjaar in Stellenbosch plaasgevind, en kiekies van dié glansgeleentheid getuig van Suid-Afrikaanse warmte en geselligheid.

“Ek droom al vir 14 jaar daarvan om Amelia in die paadjie te sien afloop,” het Greg Mallett, lady Amelia Spencer se Suid-Afrikaanse lewensmaat van 14 jaar, in ʼn eksklusiewe onderhoud aan Hello!-tydskrif oor die paartjie se glanstroue gesê.

Hulle is op 21 Maart by die Quoin Rock-wynplaas getroud en het daarna hul heerlike wittebrood in die Maledive geniet.

Amelia het die week van haar troufoto’s en kiekies van die twee se wittebrood op haar Instagram-rekening gedeel.

Sy is die derde kind van prinses Diana se broer, Charles, en Victoria Aitken. Charles het egter nie die troue bygewoon nie, en Amelia se broer, Samuel, het saam met haar by die paadjie afgestap. Haar tweelingsussie, lady Eliza,  en lady Kitty, haar ouer sussie, het as strooimeisies by die troue opgetree.

Dit het twee en ’n half maande geduur om Amelia se pasgemaakte Versace-trourok te skep. Die rok, wat selfs Swarovski-kristalle bevat het, is afgerond met ’n 5 meter- lange sleep en ’n paar Jimmy Choo-skoene.

“Ek is die gelukkigste vrou in die wêreld,” het sy aan Hello! gesê.

“Dis eerlikwaar die mooiste rok ek wat nog ooit gesien het. Dit was die wonderlikste ervaring om saam met Versace te kon werk. Elke lid van hul span is ʼn engel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

George ·

Ek stem met jou 100% saam! Gesonde leefstyl en lywe is darm maar mooi ne!

Vonkprop ·

“Ek is die gelukkigste vrou in die wêreld”. 6 maande van nou af is sy op Huisgenoot se voorblad met die onderskrif: Ons het net nie by mekaar gepas nie”.

Delia ·

Hoekom het mense die behoefte om alles oor hulle persoonlike lewe op sosiale media te vertoon. Dit vat baie tyd om alles so perfek te doen. Spandeer tyd met jou man. Nou pose julle vir fotos…of is ek net outyds

TruthDealer ·

Ag hulle het hulle hele lewens saam. Baie mense voel hulle wil spesiale moeite doen en dan hul spesiale geleentheid deel op sosiale media. Ek is nie so n mens nie maar ek kan verstaan dat sommiges dit geniet. Dalk het hulle vriende oral oor die wêreld of familie wat nie daar kon wees op hul troudag nie. Gun maar die diertjies hul plesiertjies, dis ten minste in goeie smaak.

Nettie ·

Sy’s die gelukkigste vrou in die wereld oor die rok van ‘n bekende ontwerper? Nee wat, ek’s die gelukkigste vrou in die wereld, want ek het die wonderlikste man in die wereld getrou! ;-)

LOL. Dit is wel ‘n pragtige rok! Baie geluk aan die mooi paartjie, mag hulle huwelik geseënd en baie dekades lank wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.