Prinses Kate sê self jammer vir foto-flater

Die eerste amptelike foto van Catherine, die prinses van Wallis, sedert haar buikoperasie in Januarie. (Foto: Instagram)

Enkele ure nadat vier groot nuusagentskappe die Kensington-paleis daarvan beskuldig het dat hy Sondag ʼn “gemanipuleerde” foto van Catherine, prinses van Wallis, vir Moedersdag uitgereik het, het die prinses self verskoning daarvoor gevra.

“Nes baie ander amateurfotograwe, eksperimenteer ek af en toe met fotoredigering. Ek wil om verskoning vra vir enige verwarring wat die familiefoto wat ons gister gedeel het, veroorsaak het. Ek hoop dat almal wat dit vier ’n baie gelukkige Moedersdag gehad het,” lui ʼn kort verklaring wat Maandagmiddag op die prins en prinses van Wallis se sosialemediaplatforms gedeel is.

Haar boodskap volg nadat daar opgemerk is dat dié familiefoto van Catherine en haar drie kinders – wat ook die eerste amptelike foto van die prinses is sedert haar buikoperasie in Januarie – by nadere ondersoek ʼn redigeringsflater bevat.

Die grootste fout wat uitgelig is, is dat prinses Charlotte se linkerhand verkeerd in lyn is met die mou van haar trui in die foto.

Sosialemediagebruikers het verder daarop gewys dat die prinses van Wallis nie haar verloofring met die kenmerkende blou saffier in die foto dra nie en dat die bome in die agtergrond “té groen is” vir die Britte se wintersmaande.

‘n Skerkgreep van die prinses se verduideliking. (Foto: Instagram/@theprinceandprincessofwales)

Nuusagentskappe soos AFP en Reuters en het dit gevolglik van hul stelsels verwyder omdat dit nie aan dié agentskappe se fotostandaarde voldoen nie.

Al is die foto deur prins William self gekiek, het dié fotoblaps bespiegelings en samesweringsteorieë oor die aard en erns van die prinses se gesondheid vererger.

Maroela Media het vroeër berig dat die prinses haar skoonpa, koning Charles III, se verjaarsdagvieringe in Junie sal bywoon. Dit sal haar eerste amptelike afspraak na haar operasie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

George ·

@weskaap, jy besef 99% van fotos wat jy sien is ge-edit ne, insluitend die wat jy daagliks hier sien.

Danie ·

Mense gaan dood van die honger en mense is heeltemal histeries oor ‘n foto (wat die ouditeur en fotograaf by nadere ondersoek) self geredigeer het en dit erken. Ek sou reken mense wat van die honger dood gaan sou heel bo-aan in die lys, van baie belangrike take om uit te voer and aan aandag te gee, wees.

Blomkool ·

Ag regte, sa het better dinge om oor te praat, laat die British hulle eie lewe uit leef. Waarom mors mm hulle tyd op die n foto nee regtig

Jacobus ·

Verstom oor die bohaai oor ‘n eenvoudige fout terwyl dieselfde Media in ‘n absolute stilswye verval wanneer dit by kritiese politieke gebeure gaan.

Leona ·

Regtig! Die arme mensies. Mag nie wys hulle is net mens nie. William en Kate pragtig met hulle gesin.

bolletjie blom ·

Ai tog en so is dit met die mensdom. Sit net en wag dat iemand ‘n fout maak asof hulle self nie foute maak nie. Leef en laat leef.

Sêmanet ·

Ek dink weer dis ‘n natuurlike mooi foto. Wat maak dit saak wat is in lyn en wat nie. Dis ‘n dood normale mens. Hulle is nie van goud gemaak nie. In elk geval weet ek nie waaroor die bohaai gaan nie. Daar is mense wat elke dag dood gaan, of honger ly. Is dit nie meer belangrik as ‘n foto nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.