Rekordgetal klagtes ontvang oor reaksie op Meghan-onderhoud

Piers Morgan. (Foto: Valerie Macon/AFP)

Die Britse uitsaaier en joernalis Piers Morgan se kommentaar oor Meghan Markle op die geselsprogram Good Morning Britain het ʼn rekordgetal klagtes ontvang.

Altesaam 57 121 klagtes is by Ofcom, die VK se regering- en mededingingsowerheid vir die uitsaai-, telekommunikasie- en posbedryf, aanhangig gemaak oor die program se dekking van Meghan en prins Harry se opspraakwekkende onderhoud met Oprah Winfrey.

Dit is 12 600 meer as die klagtes wat in 2007 gelê is ná ʼn rasgeskil op die program Celebrity Big Brother.

Morgan het op 9 Maart gesê hy “glo nie ʼn woord” wat Meghan sê nie. Hy het later dieselfde dag die program verlaat. Meghan het glo self ook oor Morgan se uitlatings gekla.

“Slegs 57 000? Ek het meer mense gehad wat my trompop loop in die straat en gelukwens vir wat ek gesê het. Die oorgrote meerderheid van Britte staan agter my,” het Morgan op Twitter gesê.

Ofcom reguleer Britse televisie sedert 2003 en het reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur na Good Morning Britain. ʼn Woordvoerder het Woensdag bevestig die ondersoek duur steeds voort.

Sharon Osbourne. (Foto: Rich Fury/Getty Images via AFP)

ʼn Verdere 4 398 klagtes is gelê rakende die Winfrey-onderhoud wat op 8 Maart op ITV uitgesaai is. Sommige het kapsie gemaak teen Meghan en Harry se bewerings oor die koninklike familie, terwyl ander gekla het oor die tydsberekening van die onderhoud met prins Philip (99), die hertog van Edinburgh, se gesondheidstryd in ag genome.

“Ons assesseer eers die klagtes teen ons uitsaaireëls voordat ons die besluit neem om ʼn ondersoek van stapel te stuur al dan nie,” het Ofcom gesê. Dit is nie bekend watter gedeelte van die onderhoud die klagtes uitgelok het nie.

Meghan het tydens die diepgaande onderhoud onthul dat haar geestesgesondheid so sleg geraak het dat sy “nie meer wou lewe nie” en dat sy geen hulp van iemand by Buckingham-paleis ontvang het nie, selfs nadat sy daarvoor gevra het. ʼn Koninklike familielid, wie se naam nie genoem is nie, het glo ook bevraagteken “hoe donker” hulle seun Archie se velkleur sou wees.

Die dag na die onderhoud in Brittanje uitgesaai is, het Morgan gesê hy glo haar nie en het bygevoeg “die feit dat sy hierdie aanslag op die koninklike familie ontketen het, is veragtelik”.

Hy het tydelik van die program se stel afgestorm nadat hy en die weeraanbieder Alex Beresford koppe gestamp het. Hy is ook deur die geestesgesondheidsorganisasie Mind gekritiseer.

Morgan het later toegegee dit was “nie vir my om te bevraagteken of sy selfmoordgedagtes gehad het nie”, maar het sy “reg om ʼn mening te hê” verdedig.

Prins Harry en sy vrou Meghan tydens hul onderhoud met Oprah Winfrey. (Foto: Joe Puugliese/Harpo Productions/AFP)

Die Amerikaanse geselsprogram The Talk is intussen ook onder skoot na ʼn onderonsie tussen aanbieder Sharon Osbourne en mede-aanbieder Sheryl Underwood oor Morgan se uitlatings.

Osbourne was een van die eerste mense wat haar steun teenoor Morgan uitgespreek het ná sy kritiek oor Meghan se bewerings.

Osbourne het om verskoning gevra vir haar aandeel in die bekgeveg met Underwood, wat sê Osbourne “bekragtig [Morgan se] rassistiese sienings” deur dit verdedig.

CBS het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur en het die program Maandag en Dinsdag van die lug af gehaal.

ʼn Go Fund Me-bladsy wat na afloop van die onderhoud deur ʼn aanhanger gestig is in ʼn poging om £11 miljoen vir ʼn verband op ʼn herehuis in Kalifornië vir Meghan en prins Harry in te samel, is gesluit nadat slegs £78,64 (ongeveer R1 700) ingesamel is.

Die bladsy is twee dae ná die onderhoud deur Anastasia Hanson (56) van Kalifornië gestig en was getiteld “Harry and Meghan $5 Donation to Buy Home (£3,61)”.

Hanson het op die bladsy geskryf die “werklose” prins en sy vrou “gaan deur ʼn moeilike tyd” nadat hulle inkomste en sekuriteit deur die koninklike familie afgesny is.

Bronne: BBC, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Antjiepat ·

Sensasie, sensasie… ek al so moeg om oor Meghan te lees.. wat het sy verwag.. nou is arme Harry ook die goue troon kwyt deur haar…

Liza ·

Nee, hy is ‘n man vir sy vrou en ‘n pa vir sy kinders. Niemand weet wat agter toe deure met iemand anders gebeur nie. Net omdat sy bekend is meen nie dat sy nie gevoelens het nie.

AH ·

Niemand stry dat sy gevoelens het nie, maar sy het ‘n groot meerderwaardigheidsgevoel en toe sy in Britanje nie soos ‘n ster behandel is nie het sy haar “toys” uit die “cot” begin gooi want sy het gedink sy kan daar instap en soos ‘n bloubloed koninklike behandel word. Vandaar haar houding teenoor die personeel wat haar van boelietaktiek beskulding – myns insiens is hulle reg… Ek glo ook nie ‘n woord van haar rassisme storie nie. As die koningshuis rassisties was sou sy nie met Harry kon trou nie…..Haar geestesgesondheid sou ernstig opgeneem gewees het as sy dit met opregtheid onder hul aandag gebring het en as hulle nie gedink het dat dit ‘n “cry wolf” storie is nie. Sy kon mos haar ma vertel het van haar probleme en dié sou seker soos enige ma haar kind tehulp gesnel het……..Nee wat geen simpatie van my af vir dié bedorwe brokkie nie!

Misky ·

Lekker lag ek toe ek daai totale sien van die fondsinsameling….. ha ha ha ha

SomeOne ·

harry moes voor die tyd homself afgevra het wat gaan gebeur as hy uit sy goue hand uitloop, sonder meghan se invloed

Geurt ·

Ek sê weer, dis n sleg voël wat sy eie nes bevuil. Harry se toelae afgesny en Meghan verkoop hul lewens geskiedenis aan Oprah……ai en dit omdat sy en hy die hele ding ‘rassisties’ wil maak!

Robert ·

Stem nie altyd saam met hom nie maar die keer slaat hy die spyker mooi op sy kop.

Sylvia ·

Wat ‘n enorme spektakel, hulle almal is media-aandag-vrate

JM ·

Toe Meghan agterkom dat die monargie nie wou agteroor buig vir haar aandagsoekery nie, toe is hulle skielik rassisties. Hulle gaan nie by háár aanpas nie, hulle skuld haar niks. In Rome maak jy soos die Romeine. Sy moes geweet het waarvoor sy haar inlaat toe sy met Harry getrou het.

Ria ·

Morgan was nog altyd omstrede en ek is nie n ondersteuner nie. Dit gesê, ek dink ou Megan soek simpatie. Sy het Harry gevang soos net n vrou kan

Magda ·

Gaan weg en b;y weg, soek net aandag – ALL LIVES MATTER NOT ONLY BLACK – IN SOUTH AFRICA NOW IT IS BLACK APARTHEID – Boere word Wreed vermoor asook mense in nedersettings, HOOR NIKS VAN NIEMAND NIE. GAAN WEG EN BLY WEG – MOEG VIR JOU SENSASIE SOEKERYE.

koos10 ·

Snaaks hoe hulle die glans lewe wil agter laat, maar nie sonder dit kan lewe nie!

Ek het gehoor dat hulle $7 mil betaal is vir die onderhoud en hul huis se verband is $5 mil.
Maak maar self die somme, maar vir die geld sal ek ook ‘n paar mense beswadder.

Gaan Google ook gerus oor hoeveel Diana vir hom agter gelaat het.
Dis tyd dat hulle albei begin werk en hulle eie inkomste genereer. Hulle het mos ‘n keuse gemaak.

Keelvol ·

Dis arrogant om vir Harry & Meghan geld in te samel. Waar was hulle toe baie mense werke verloor het met die COVID – 19?

Willie ·

Natuurlik sal die klagtes in kom as jy die waarheid praat!

Jr ·

Jy sien dit werk so. Africa belongs to Africans. Ons wil nie settlars of Coloniasts hê nie. Maar ons Africans vaar die hêle wereld in nadat ons nie tevrede met ons land is. Dan wil ons toi toi in ons nuwe land en die kitaar slaan en huil oor ” rassisme”.

Johan ·

Morgan is 100% reg. Meghan het oor ten minste 2 goed gelieg in daardie onderhoud. Sy het kamstig “geen hulp” ontvang van die Paleis nie. Intussen het sy 24 uur toegang gehad tot die koningin se eie persoonlike sekretaris. Sy kon haar vra oor protokol, impak van die werk… álles. En waarom het sy nie self ‘n sielkundige gaan sien as dit so erg was nie? Ek bedoel vir iemand soos sy sal die sielkundige sommer na haar toe kom. Sy het ook kastig “niks geweet” van Harry nie en sê sy het nie eers aanlyn van hom gelees of gegoogle nie. Komaan, Meghan… as jy lieg, lieg ten minste oortuigend.

Mariana ·

Die storie raak nou afgesaag. Geen simpatie met daai Meghan nie, wel met Harry wat hom so laat rondlei aan sy neus. En daai Hanson-vrou is ook nie te wel nie, daai twee het meer as genoeg geld om hul eie huis te koop. Plaas sy geld insamel vir minderbevoorregtes, simpel.

JohanR ·

Was Piers Morgan vergeet? Glo ook nie ‘n word wat uit die een se bek kom nie!

Jacobus ·

As ‘n kommentator nie meer sy mening mag lig in hierdie saak nie dan het ons te doen met die kwaadaardigste vorm van rassisme aan die hand van bedorwe celebs.

Lee ·

En daar speel Meghan toe die rassekaart. Sy is ‘n fortuinsoeker en Harry het netjies in haar strik getrap. Sy dra duidelik die broek in daardie huis!

Porseleintjie ·

Wat het hulle verwag? Dat die gans wat die goue eiers le gedwee gaan voorsien nadat hulle gekies het om afstand van hul titels te doen. Welcome to our world. Hier WERK ons vir n inkomste.

Mallie ·

Foeitog arme Harry. As hy geweet het wat op hom wag sou hy dalk anders besluit en opgetree het. Sy is beslis nie Prinses materiaal nie.

AH ·

Ek stem saam. Sy is te “common” en is nie eens naastenby in dieselfde klas as Kate nie. Ek dink jaloesie het ‘n groot aandeel in die hele Mexit besigheid gehad en nou raak die bed wat hulle vir hulle gemaak het te knopperig om op te lê…..

Anna-marie ·

Piers Morgan het veroorsaak dat Katie Hopkins haar werk verloor……

Anna-marie ·

Meghan couldn’t even handle cutting ribbons for a living.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.