SA’ners red 80-jarige in Turkye

Suid-Afrikaanse reddingswerkers in Turkye. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaanse reddingswerkers wat onder die vaandel van Gift of the Givers na Turkye ontplooi is om hulp te verleen ná die onlangse verwoestende aardbewing, het Maandag ’n 80-jarige vrou van onder die puin bevry.

Die vrou was agt dae lank onder die puin in die Turkse provinsie Hatay vasgekeer.

Paul Herbst, woordvoerder van Medi Response, sê lede van die Suid-Afrikaanse soek-en-reddingspan het saam met die Omani-soek-en-reddingspan gewerk toe die honde-eenheid ’n oorlewende onder die puin opgespoor het.

Die vrou is met ’n gespook bevry nadat daar twee en ’n half uur lank met swaar masjinerie én die hand gegrawe is.

Herbst sê Medi Response se reddingswerkers in Turkye is gedaan, maar sit nietemin hul werk blymoedig en toegewyd voort.

Die aardbewing van 7,8 het nou reeds meer as 35 000 lewens geëis. Intussen waarsku kenners dat die hoop om mense lewend te vind, vervaag.

Die bevestigde dodetal staan tans op 35 224 – 31 643 sterftes in Turkye en minstens 3 581 in Sirië.

Suid-Afrikaanse reddingswerkers in Turkye. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaanse reddingswerkers in Turkye. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Ja nee stem saam en weer eens wys dit dat ons reg is vir enige iets of enige ding wat ons hulp nodig het.

Sheree ·

Dit is verskriklik.. mag die Here julle dra deur hierdie moeilike tyd.

GeloofInGodNieMense ·

Wys net – as dit jou nie jou tyd is, soos deur God bepaal, sal jy leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.