Saray Khumalo se medeklimmer sterf

Saray N’kusi Khumalo het Donderdag, 16 Mei 2019 die eerste swart vrou uit Afrika geword om die piek van Mount Everest te bereik. (Foto: Facebook via Summits with a Purpose)

Een van Saray N’kusi Khumalo, die eerste swart vrou uit Afrika om die piek van berg Everest te bereik, se medeklimmers het Donderdagaand gesterf nadat hulle net vroeër die dag die piek bereik het.

Die Kathmandu Post berig die Indiese burger Ravi Thakar het na vermoed word omstreeks 22:00 in sy tent op Kamp 4 gesterf waar hy gerus het ná die opwinding van die dag. Sy liggaam is Vrydagoggend deur sy medeklimmers gevind.

Volgens Mingma Sherpa, die voorsitter van die Seven Summits Treks wat die ekskursie gereël het, het Thakur vermoedelik weens ʼn suurstoftekort in sy slaap omgekom.

The New Indian Express berig Thakar was 28 jaar oud.

Die tente waarin die groep tydens hul ekskursie slaap. (Foto: Facebook via Saray N’kusi Khumalo)

Nog ʼn lid van dieselfde groep klimmers het ʼn dag vroeër vermis geraak toe hy op sowat 8 300 meter bo seevlak gegly het. Hy is intussen as Seamus Lawless van Ierland geïdentifiseer. Lawless is 39 jaar oud. Die soektog na Lawless is Vrydag afgelas.

Thakar en Lawless was albei deel van die groep van agt wat die Johannesburgse sakevrou Khumalo ingesluit het. Dié groep het die piek vroeg Donderdagoggend bereik. Dit was Khumalo se vierde poging om die piek te bereik.

Maroela Media het vroeër berig byna 300 mense is al dood in ʼn poging om Everest te klim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marco polo ·

As jy genoeg geld het, kan enige iemand Everest aandurf. Maar daar is geen waarborg dat jy dit gaan oorleef nie. Sterkte aan die naasbestaandes.

$ ·

Marco Polo is doodreg, dis absoluut ‘n kommersiële bedryf. Saray se probeerslae beloop in totaal ook meer as n 7 syfer bedrag bv.

Daan Erasmus ·

Die verskoning van ons klim Mt Everest omdat hy daar is. Dit raak flou. Bly weg. Die plek word besoedel. Deur vullis en lyke. Doen die Comrades as jy te veel energie het.

Margaret ·

Ek dink ook dit raak bietjie té erg. Al hierdie klimmers – om met jou lewe te betaal is te duur n prys.

Anoniem ·

Het iemand ‘n foto van haar BO-OP die berg gesien…ek’t net een gesien waar sy na die berg wys??

Abe ·

Anoniem,
Hoekom wil jy nou n foto he van haar wat bo-op die berg staan ? Glo jy nie die berigte nie? Daar is etlike maniere om te bevestig dat sy wel die kruin bereik het. En dit is n merkwaardige prestasie : Baie geluk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.