Skietery in Kanada eis 3

Die toneel van een van die skietvoorvalle. (Foto: Twitter)

Drie mense, onder wie die vermeende skieter, is dood nadat dié persoon Maandag op ’n woonbuurt suidoos van Vancouver in Kanada losgebrand het.

Twee ander is tydens die reeks skietvoorvalle in die Kanadese dorp Langley gewond. Dit sluit in ’n vrou in ’n kritieke toestand en ’n man wat in die been geskiet is.

Die skieter is ná die skietery deur polisiebeamptes doodgeskiet.

Die polisiehoof in Langley – ’n dorp met 130 000 inwoners sowat ’n uur se ry van Vancouver – sê die plaaslike owerhede is nog besig om die verdagte en die slagoffers te identifiseer, asook om vas te stel of daar enige verband tussen hulle is.

Berigte het aanvanklik daarop gedui dat die aanvaller dalk hawelose mense geteiken het. Die berigte kon egter nie onmiddellik deur die owerhede bevestig word nie.

“Ons stel tans nog vas presies wie hierdie mense is en ons kan nie bevestig dat hulle in der waarheid haweloos is nie,” sê die ondersoeker David Lee.

Vuurwapenverwante geweldsmisdade is verantwoordelik vir minder as 3% van alle geweldsmisdade in Kanada, maar die per capita-koers van vuurwapens wat afgevuur word met die doel om dood te maak of te wond het egter sedert 2009 vyfvoudig toegeneem.

Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het ná ’n vlaag massaskietery in die naburige VSA ’n voorgestelde bevriesing van vuurwapeneienaarskap aangekondig wat die invoer en verkoop van vuurwapens wesenlik sal verbied.

Kanada het in Mei 2020 reeds 1 500 soorte vuurwapens van militêre aard of aanvalstyl verbied, nadat ’n massaskietery in Nova Scotia die lewe van 23 mense geëis het.

Lees meer hiér oor Gabriel Wortman se destydse moordtog in dié Kanadese provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buks ·

En hier dog almal deur vuurwapens onwettig te verklaar gaan dit kriminele tot n einde dwing…ha ha ha groot grap liberales.

Mellissa ·

Net n vraag maar hoekom is dit nuus in Suid Afrika…Hier word daagliks mense geskiet of aangeval of iets soos dit maar n storie van mense wat geskiet word in Kanada maak nuus hier…as daar n celeb of iemand bekend was kan ek maybe verstaan maar dis net vir my onvanpas hier….

marius ·

Waarom word haar identiteit nie bekend gemaak nie ? Want dit is polities geselekteerde sensitiwiteit .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.