Só lyk Trump se geldsake glo

Die Amerikaanse president Donald Trump. (Foto: Evan Vucci/AP)

Donald Trump het in 2016, die jaar waarin hy president van die VSA geword het, net $750 – oftewel sowat R12 800 – in inkomstebelasting betaal, het die New York Times laat Sondagaand in ʼn opspraakwekkende ondersoekende verslag bekend gemaak.

Trump, ʼn selfverklaarde miljardêr, het dieselfde bedrag in 2017 betaal. In tien van die vorige 15 jaar het hy nie ʼn sent belasting betaal nie, grootliks omdat hy “soveel meer geld verloor as wat hy gemaak het”, het die koerant berig.

Tydens ʼn mediakonferensie net minute nadat die berig geplaas is, het Trump dit as “fopnuus” bestempel en aangevoer die inkomstediens “behandel my nie goed nie”.

“Alles sal onthul word, ek het baie belasting betaal, ek het ook baie staatsbelasting betaal. Wanneer jy egter geoudit word, maak jy dit nie bekend nie. Ek gaan baie dinge bekend maak en mense gaan geskok wees,” het hy aan verslaggewers gesê.

Die Times probeer al geruime tyd om Trump se belastingopgawes in die hande te kry. Hy weier om dit bekend te stel, hoewel dit iets is wat sy voorgangers tradisioneel gedoen het.

Sondag het die koerant gesê hy het meer as twee dekades se opgawes in die hande gekry. Dit het egter nie Trump se persoonlike opgawes vir 2018 en 2019 ingesluit nie.

Die onthullings kom net ʼn maand voor die VSA stem in ʼn nuwe presidentsverkiesing, met meningsopnames wat daarop dui dat Trump moontlik deur die Demokrate se Joe Biden ontsetel kan word.

Die Times sê sy verslag wys dat Trump, ʼn voormalige ster van die werklikheidsreeks The Apprentice, die rol van ʼn sakemagnaat beter vertolk as wat hy in werklikheid een is. Die berig sinspeel ook daarop dat Trump se finansiële situasie in 2015 effense geloofwaardigheid gee aan die siening dat sy veldtog minstens gedeeltelik ʼn poging was om sy naam meer bemarkbaar te maak.

ʼn Ondersoek wat die Times verlede jaar na Trump se belastingsake gedoen het – inligting oor Trump se belastingsake tussen 1985 en 1994 is bekom – het gewys die president het meer geld verloor as bykans enige ander belastingbetalende Amerikaner in etlike jare.

In Sondag se verslag sê die Times Trump is ʼn “sakeman-president in ʼn greep wat al stywer word” en dat hy skuld van $300 miljoen (sowat R5,1 miljard) het waarvoor hy persoonlik aanspreeklik is en binne die volgende vier jaar betaal moet word.

Daar word gesê Trump maak toenemend staat op inkomste van ondernemings soos sy Mar-a-Lago-klub in Florida wat hom in direkte of moontlike konflik met sy pligte as president plaas.

Trump se sleutelondernemings, waaronder sy gholfbane en ʼn hotel, verloor glo jaarliks miljoene dollars, indien nie meer nie.

Alan Garten, ʼn prokureur vir die Trump-organisasie, het in reaksie op die Times se ondersoek gesê dit lyk of “die meeste, indien nie alle feite nie, onakkuraat is”.

Hy sê Trump het oor die afgelope dekade miljoene dollars in persoonlike belasting aan die federale regering betaal, hoewel die Times sê dat hy oënskynlik persoonlike belasting met inkomstebelasting saamvoeg.

Die Times het gesê hy gaan later nog inligting oor Trump se belastingrekord plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Oudste ·

Dieselfde nuusblad wat die Russian Collusion gedryf het, wat as snert uitgedraai het. Beter om te glo die tandemuis bestaan regtig.

M ·

Demokrate probeer enigiets teen president Trump kry…….. TRUMP 2020

Jaco ·

Trump het foute ja, maar gestel hy word uitgestem in November, dan gaan hy net 6 maande weg wees en almal in Amerika gaan wens hy is terug.

Janine ·

En presies HOE lyk SA se parlement vir jou? Of kan jy dit nie op sosiale medium sê nie?

Anel ·

En Trump is die enigste staatsman wat nie ‘n sent kry vir se amp as staatspresident nie. So los hom uit. Mense is net jaloers op hom. Kyk hoe bou hy Amerika op! Hy is’ n baie groot patriot. Hy probeer net die beste doen vir sy land en sy mense. Net die teenoorgestelde van wat hier op eie bodem aangaan.

koos10 ·

Trump, jy doen slegter as in SA. Hier groei ons presidente se rykdomme baie viniger as wat hulle salarisse is en SARS beskerm hulle nogal teen belasting ondersoeke. Nee wat broer, jy kan by Zuma gaan leer.

Fedup ·

Rant and tantrum all you want.
This kind of attitude is well known before any election.
No matter what his sins, we want him in the next term.
Go find something useful to do.

Piet ·

Wat? Die man spog oor sy oneerlikheid, is regtig oneerlik? WIE KON DIT RAAI?

Janine ·

En hoeveel van SA se parlement is kriminele?? Ek vra maar net….

Erik ·

O ja jy is reg. So omdat daar baie kriminele in ons parlement is mag Trump maar skelm wees.

andre ·

Kan ons ook n rubriek soos hierdie oor Suid -Afrika se laaste 3 presidente se geldsake kry,Hierdie artikel is soos heuning om die mond vir Trump haters.

Tomas ·

Gee jou feite asb Human. Of beter nog skryf ‘n artikel waarin jy jou bewerings staaf met feite. Ek sal dit graag lees.

Human ·

Feit, as die Don sy bek oop maak lieg hy. Feit, as hy onskuldig is oorhandig die belastingopgawes en maak die kritici stil. Feit, die Don beswadder links en regs sonder enige feite, maar as hy in die beskuldigde bank is soek sy juigkommando vinnig feite wat hulle in elk geval afmaak as fopnuus.

Janine ·

Hy gee nie voor om verandering aan te bring nie. Dis tog FEIT hy het! Foeitog…hoe ver links val jy?

JohanR ·

Hulle het die selfde probleem as wat SS amper gehad het Dlamin-Zuma of Ramaphosa….wat ‘n keuse om te moet maak! Biden of Trump…… Biden bring te veel bagasie en is seniel boonop….sal liewers met Trump gaan vir nog 4 jaar.

Erik ·

Interessant hoe Maroela Media met die opskrif van hierdie artikel vir Trompie probeer beskerm i.v.m. feitelik alle ander media berigte.

Hy was en is nog altyd net agter die mag en geld aan. Elke keer as ek hom sien dink ek aan ‘Pinky and the Brain’. Die wat al in Amerika redelik onlangs was sal weet hoe die spot met hom daar gedryf word en sal ook weet dat dit meestal die ‘agtergeblewene, armer, dommer’ groep van die populasie is wat hom daar ondersteun.

Therese ·

Hoera vir Maroela wat die kat eers uit die boom kyk, en nie soos papegaaie die res napraat nie!
Die “agtergeblewe, dom, arm”-storie is is so ongelooflik meerderwaardig dat dit geen kommentaar verdien nie.

Jimmy ·

Hoekom moet almal Trump afbreek, tipies die demokrate se styl, die media in SA volg CNN die demokrate. Volg bietjie Fox News en kry die regte beeld

Nici ·

Trump het self gese sy belasting is onder review en sodra die finale opgawes beskikbaar is sal hy dit vrystel. As daar ‘n geringe kans was dat hy onwettig opgetree het was hy lankal voor die hof. Die demokrate probeer immers nou al vir 4 jaar om hom uit te skop.

Ian ·

Weereens erg misleidende halwe waarhede wat gebruik word vir breinspoeling voor die verkiesing.
Geen kriminele belastingontduiking is geopenbaar nie.
Geen melding word gemaak van miljoene dollar se belastingkrediete wat oorgedra is nie.
Ook word daar nie melding gemaak van verdere wettige aftrekkings soos depresiasie waarop almal geregtig is nie.
Interessante dat hy deur so baie mense gehaat word net omdat hy goed is vir werkende wetsgehoorsame mense wereldwyd.
Interessant dat die wat hom haat geen grondige rede kan verskaf nie.
Interessant dat hy verskeie kere deur oorsese mens genomineer word vir die Nobelprys vir vrede.
Interessant dat die Amerikaners hom steeds as president verkies het ten spyte van ‘n oorweldigende negatiewe pers.
Interessant hoe hy die amerikaanse ekonomie in drie en ‘n half jaar omgekeer en verbeter het.
Interessant dat ‘n uitgesproke Christen so gehaat word net omdat hy respek het vir ‘n geordende vooruitstrewende samelewing.

Faruk ·

Verbaas my nie. Dis hoe die meeste rykes ryk word en ryk bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.