
Emmy Miller (Foto: Instagram)
Die 19 maande oue dogtertjie van die voormalige Amerikaanse Olimpiese skiër Bode Miller is Sondag dood toe sy in ʼn swembad verdrink het.
Miller (40) het Maandag op Instagram geskryf dat die familie “heeltemal verpletter” is.
“Ons babadogtertjie, Emmy, is gister dood. Nooit in ʼn miljoen jaar het ons gedink ons sal pyn soos dié ervaar nie,” het hy geskryf onderaan ʼn foto van sy dogtertjie met ʼn lawwe pienk blomme-hoed op haar kop.
Miller is een van die suksesvolste Amerikaanse skiërs tot op hede, met ses Olimpiese medaljes, onder meer ʼn goue medalje wat hy op die 2010 Spele verower het.
Miller en sy vrou, Morgan, ʼn professionele vlugbalspeler, was Sondagaand by ʼn partytjie toe die voorval plaasgevind het. Hul dogtertjie het op een of ander manier weggeglip en in die swembad beland.

Bode Miller en Morgan Bench, Emmy se ouers (Foto: Instagram)
Morgan het ingespring en haar dogter probeer red. Paramedici het met die peuter na ʼn hospitaal gejaag, maar sy kon nie gered word nie.
“Emmy se liefde, haar lig en haar gees sal nooit vergeet word nie. Ons klein dogtertjie was lief vir die lewe en het elke dag voluit geleef,” het Miller verder op Instagram geskryf.
Die egpaar het ʼn seun en Morgan is tans swanger. Hulle is in 2012 getroud.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Dis vreeslik dat klein kindertjies so moet doodgaan. Dit maak my baie kwaad en hartseer. Ek weet dat ongelukke gou gebeur en dat die selfverwyt aan die ouers gaan knaag, maar… Rus in vrede kleinding. Sterkte aan die ouers.
Hartverskeurend. Wanneer gaan ouers besef dat n oop swembad groot gevaar is vir klein kindertjies. Dink nie ouers kom ooit oor so n tragedie nie.
Baie hartseer
Ag nee dis afgryslik,so n lieflike ou blommetjie!!! My hart gaan uit na hierdie ouers,ek kan my die pyn skaars voorstel. So bitter jammer om dit te sien!
Ag nee dis afgryslik,so n lieflike ou blommetjie!!! My hart gaan uit na hierdie ouers,ek kan my die pyn skaars voorstel. So bitter jammer om dit te sien!