Stevie Wonder moet nieroorplanting ondergaan

Stevie Wonder (Foto: Willy Sanjuan, AP)

Die internasionale sanger Stevie Wonder het Saterdag aangekondig dat hy later vanjaar ’n nieroorplanting sal moet ondergaan.

Wonder, wat veral bekend is vir sy treffers “I just called to say I love you” en “Isn’t she lovely”, het dié nuus aan aanhangers oorgedra by ʼn konsert in Hyde Park in Londen.

Die BBC berig die 69-jarige sanger het verduidelik dat hy ʼn geskikte skenker gekry het en nog drie optredes vanjaar sal doen voordat hy in September die operasie sal ondergaan.

Volgens The Detroit Free Press sukkel Wonder reeds al ʼn geruime tyd met sy gesondheid en toer hy met ʼn mediese span vir optredes wêreldwyd.

Wonder het al 25 Grammy-toekennings ingepalm en was reeds 74 keer vir dié gesogte toekennings genomineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maljan ·

Gelukkig is hy wat die operasie kan bekostig. In SA is mense op mediesefondse wat nie eers die bybetalings op n eenvoudige sinusitis operasie kan bekostig nie en dan maar daarsonder moet gaan. Dis n skande!

Dorothy ·

Maljan, nou praat jy. Ons betaal ons ore af elke maand vir ons Mediese Fonds. Ons kan nie eens Tandarts toe gaan nie die Bybetalings is ‘n nagmerrie. Ons soek ook ‘n mooi smile soos die Royal Family.

Veritas ·

Het julle al sy nuwe vrou gesie? Nié ? Toemaar hy ook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.