Swemkampioen geskors ná Russiese saamtrek

Evgeny Rylov. (Foto: Jonathan Nackstrand/AFP)

ʼn Olimpiese swemkampioen is vir nege maande geskors nadat hy ʼn saamtrek ter ondersteuning van Rusland se inval in Oekraïne in Maart bygewoon het.

Die Russiese kampioen is ook een van sy borgskappe kwyt weens sy teenwoordigheid by die pro-Poetin-saamtrek.

Swem se wêreldbeheerliggaam Fina het vandeesweek aangekondig dat Evgeny Rylov eers in 2023 weer aan Fina-byeenkomste en kompetisies sal kan deelneem, berig BBC.

“Die Fina-buro het vandag vergader en steun die dissiplinêre paneel se besluit om Rylov tydelik van alle kompetisies en aktiwiteite wat deur Fina georganiseer of goedgekeur word, insluitend enige internasionale kompetisies op die Fina-kalender, te skors,” lui die organisasie se verklaring.

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het in Maart ʼn saamtrek by Moskou se Luzhniki-stadion aangebied. Rylov (25) was een van ʼn aantal atlete wat dit bygewoon het.

Hy was glo een van die deelnemers wat die pro-oorlog-simbool, die letter “Z”, op sy klere gedra het.

Rylov het verlede jaar twee goue medaljes, in die 100 m en 200 m rugslag, in Tokio verower.

Hoewel sy skorsing reeds van Woensdag van krag is, sal dit net vir 20 dae duur aangesien alle Russiese en Belarussiese swemmers reeds verbied is om in enige Fina-geleenthed tot die einde van die jaar deel te neem. Rylov se skorsing sal dus tot 20 Januarie 2023 duur.

Rylov is boonop sy borgskap met Speedo kwyt nadat dit aan die lig gekom het dat hy die saamtrek bygewoon het. Speedo het kort daarna aangekondig dat hy sy borgskap teruggetrek het.

Die wêreldwye druk op Russiese sportmanne en -vroue het die afgelope tyd toegeneem en daartoe gelei dat dié sportsterre nou deelname aan hul gunstelingsport tot verdere kennisgewing moet onderbreek.

Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) het verlede maand aangekondig dat Rusland se atlete nie meer by die komende Paralimpiese Winterspele in Beijing welkom is nie.

Dit terwyl tennisspelers van Rusland en Belarus nie toegelaat sal word om in vanjaar se Wimbledon-toernooi af te slaan nie.

Die Russiese Grand Prix is ook in Februarie gekanselleer weens Rusland se inval in Oekraïne, terwyl die Amerikaanse Haas Formule Een-span ook sy Russiese renjaer, Nikita Mazepin, vir vanjaar se wêreldkampioenskap vervang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KatjieDeKat ·

Sport behoort nie by politiek betrek te word nie! But these days everyone apparently has to be bullied into following the mainstream narrative and toeing the NWO party line.

krodedil ·

Dis die beste nuus van die maand.
Rusland moet verbied word om aan alle Internasionale sport deel te neem. Hopelik volg die ander sportsoorte ook.

Haan ·

Dan mag jy nie verbaas wees as die ANC jou kinders eendag verbied om Afrikaans by die skool te praat nie.

johan ·

Hoekom? Verbied dan Amerika se atlete ook weens invalle in Irak en Aganistan.

Johan ·

Lekker hartloop jy ook in jou onkunde agter die hoofstroom aan.

Chantel ·

Dis nou siek. So moet ander dan ook gestraf word as hulle openbloot hulle lande ondersteun.

krodedil ·

Daar is ‘n groot verskil tussen jou land ondersteun en jou land te verteenwoordig op internationale vlak. Verskeie reels en internationale reels geld hier en dis waarom Speedo sy sponser ontrek het. Meer en meer sponsers sal hulle onttrek van Rusland se sportmanne wat nou die regte ding is om te doen.

Haan ·

Mense verstaan nie die impak van die presedente wat geskep word nie… Wat het sy politieke sieninge met swem uit te waai. As iemand se mening van joune verskil is jy meer as welkom om in ‘n hoekie te gaan staan met jou ore styf toegedruk. Maar om so ‘n persoon eerder van die verhoog af te boelie is lagwekkend.

krodedil ·

Hulle noem dit sanksies. Sport sanctions – preventing one country’s people and teams from competing in international events.

Arno ·

Baie mooi ge-antwoord! … jy moet dit dalks in afrikaans ook herhaal sodat die res dit kan verstaan.

Arno ·

Pro-Russe, belaglik, duidelik geen idee wat in die buite land aangaan nie!

Johan ·

Wat bedoel jy? Verstaan jy nie wat in westerse propaganda aangaan nie? Lees bietjie hoe versigtig moet Peens skryf sodat sy nie dalk gebalanseerd verslag doen nie.

JBMR ·

Dis vreemd hoe Rusland, met meer edele na bysionale veiligheidsoorwegings, uitgesonder word deur die VSA en EU, as sondebokke, en dit terwyl beide matte ongegronde en onwettige oorloë ver van hul grense teen nie- gewenste regerings en bevolkings gevoer het.
Baie sogenaamde liberales vergeet ook maklik dat Rusland meer as 30 jaar nie meer die Sowjet Unie is nie, maar ‘n streng outokrasie, gedryf deur demokratiese stemreg beginsels. Dus, nie veel anders as die VSA nie, buiten (en goddank) die sogenaamde liberale kulturele oorloë wat Amerikaanse en Europese media en politiek oorheers. Herinner uself dat met die uitbraak van hierdie oorlog ‘n topgeplaaste NAVO offisier terloops genoem het dat hierdie ‘n geveg om LGBTQ+ regte is.
Hierdie oorlog het ook hierdie sogenaamde liberale demokratiese wêreld-leiers uitgewys vir die outokrate en diktators wie hul regtig is (asof die pandemie se magsvergrype nie genoegsaam was nie).Vryhede van assosiasie, uitdrukking, inligting,handel, ontken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.