Talle reeds dood ná tifoon China tref

Minstens 13 mense is dood nadat supertifoon Lekima Saterdagoggend China se Zhejiang-provinsie, suid van Sjanghai, getref het.

Volgens die staatsbeheerde media word minstens 16 mense vermis nadat die tifoon 200 huise platgevee en reeds groot skade aangerig het.

Meer as 1 miljoen mense moes hul wonings verlaat voor die tifoon getref het. Meer as 2 100 vlugte en treindienste is gekanselleer en die hoëspoedtrein na die internasionale lughawe Pudong is uit gebruik gehaal.

Die tifoon het Vrydag verby Taiwan beweeg en het daartoe gelei dat talle ondernemings en skole in die noorde van die eiland gesluit is.

Die Nasionale Metereologiese Sentrum het gesê winde van tot 209 km/h kan met tifoon Lekima gepaardgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marco polo ·

Ek beleef tans tifoon Lekima in my woning in die noorde van Zhejiang provinsie. Geweldige swaar reen vir die afgelope 24uur en baie besighede is gesluit as voorsorgmaatreel. Maar om eerlik te wees, ek het al erger Kaapse storms beleef.

Denise ·

BAIE STERKTE vir jou en jou gesin asook vir daai streek se inwoners,MARCO POLO mag Sy Hand van BeSkerming oor julle wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.