Talle sterf in Oujaarsaand-stormloop in Uganda

(Foto: Freedom City Mall/Facebook)

Minstens nege mense is Oujaarsaand dood in ʼn stormloop by ʼn winkelsentrum in Uganda se hoofstad.

Ná ʼn vuurwerkvertoning buite die Freedom City-winkelsentrum in Kampala was daar ʼn stormloop en dit het dadelik vyf mense se lewens geëis, het polisiewoordvoerder Luke Owoyesigyire Sondag gesê. Verskeie persone is beseer.

“Paramedici het by die toneel opgedaag en die beseerde persone na ʼn hospitaal geneem waar nege persone uiteindelik dood verklaar is.”

Owoyesigyire sê “jong mense” is onder die slagoffers, maar het nie verdere besonderhede oor hul ouderdomme verskaf nie.

Hy sê “oorhaastige optrede en nalatigheid” het tot die tragedie aanleiding gegee.

Die vieringe om die Nuwejaar in te lui was die eerste in die Afrikaland in drie jaar ná beperkings weens die Covid-19-pandemie en ander veiligheidskwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.