Televisiester Charlotte Rae (92) oorlede

Charlotte Rae in “The Facts of Life” (1979) (Foto: NBC)

Die aktrise Charlotte Rae is in die ouderdom van 92 oorlede.

Harlan Boll, woordvoerder, het gesê sy is Sondag by haar huis in Los Angeles oorlede. Die oorsaak van haar dood is nog nie dadelik beskikbaar nie.

Rae het sewe jaar lank een van die hoofrolle vertolk in die TV-program “The Facts of Life”, waar sy ʼn wyse huismoeder gespeel het vir ʼn groep tienermeisies. Suid-Afrikaners sal haar onthou vir haar rol in “Different Strokes” en die oorgeklankte reeks, “Die Plesierboot”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.