Tiener in hof ná hy kind van balkon slinger

Polisielede Sondag buite die Tate Modern. (Foto: Yui Mok, AP)

Die sesjarige seuntjie wat die afgelope naweek van die tiende verdieping van die Tate Modern-kunsmuseum in Londen gegooi is, het bloeding op die brein, ʼn gebreekte arm en been asook beserings aan sy ruggraat in die voorval opgedoen.

BBC berig die seuntjie is sedertdien as ʼn Franse burger geïdentifiseer wat Sondag saam met sy familie die bekende Britse kunsmuseum besoek het toe hy op die vyfde verdieping te lande gekom het. ʼn Sewentienjarige seun het hom glo van ʼn besigtigingsplatform afgegooi.

Die tienerverdagte het Dinsdag vlugtig in die Bromley-jeughof in die suidooste van Londen verskyn op aanklagte van poging tot moord. Nie net het die hof gedurende die verskyning die omvang van die kind se beserings aangehoor nie, maar ook die wyse waarop die seuntjie van die platform gegooi is.

Volgens aanklaer Sian Morgan het die seuntjie sowat 30 m na onder geval nadat hy glo opgetel en in een beweging “vinnig” van die tiende verdieping gegooi is, berig CNN.

Morgan het aan die hof verduidelik dat die skuinste van die museum se dak moontlik die kind se lewe gered het. Die seuntjie is steeds in ʼn stabiele dog kritieke toestand in ʼn hospitaal in die stad.

Daar is sedertdien bevestig dat daar geen verbintenis tussen die verdagte en die slagoffer is nie.

Die tiener sal na verwagting Donderdag in die stad se strafhof verskyn. Sy identiteit mag nie bekend gemaak word nie omdat hy minderjarig is.

Die Britse polisie doen ʼn beroep op ooggetuies om na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nettie ·

Vat daai “tiener” en slaan sy agterent vir hom aan die brand. Dit is vandat ‘kinderregte’ by die voordeur ingekom het, dat dissipline (en daarmee saam respek) by die agterdeur uitgehol het.

Skoolgeld ·

Boompie is reeds te taai om te buig, op 17 sluit hom goed weg hy het al verstaan wat hy doen!

Asmain ·

Wat het in die jongmense wereld wyd ingevaar? Lyk of waansinnigheid aan die orde van die dag is…3 mass shootings in omtrent net soveel weke, n kind word by n gebou afgeslinger, skokkend. Geen respek vir n lewe.

ES ·

Wonder wat het in die mannetjie ingevaar om iets so wreed te doen…?

Nonnie ·

I REST MY CASE…………DIT IS WAT KOM VAN KASTIGE ‘REGTE’!!!!!!!!!!

Gaitsigubib ·

In Engeland word mens nie behoorlik gestaf nie (soos in SA). As dit my kind was kon hy seker wees dat ek hom self gaan kry. Sal maar moet saamleef met my sonde.

Essie ·

Hy is gladnie onder ouderdom as hy weet om moord te pleeg nie

Kallimaari ·

Lewenslange tronkstraf is wat hy moet kry. En as die kindjie dalk sou sterf, dan doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.